Leesplan inligting

121 AdventVoorbeeld

121 Advent

DAG 2 VAN 24

Wat Is Hoop?



Daar is ‘n beduidende verskil tussen die definisie van hoop soos ons dit in gewone omgangstaal gebruik en die definisie van hoop wat ons in die Bybel teëkom. Dit is doodnormaal om te hoop, reg? Ons hoop ons kry ‘n werk. Ons hoop ons kinders het goeie maniere. Ons hoop ons verdien genoeg geld om ons finansiële verpligtinge na te kom. In ons menslike hoop is daar ‘n mate van onsekerheid, niks is gewaarborg nie, dit is moontlikhede maar niks is seker nie. In die Bybel daarteenoor, is hoop ‘n sekerheid. Om die waarheid te sê, sekerheid van hoop is die kern van die Bybel, omdat dit gevestig is in die standvastigheid van God, sy karakter en sy wil wat onwrikbaar is. Bybelse hoop kan daarom gedefinieer word as “die selfversekerde verwagting en begeerte vir iets goeds in die toekoms.”


Ons sien ook in die Bybel ‘n nou verband tussen hoop en geloof. In Hebreërs 6:11-12 (AFR53) gebruik die skrywer die term “volle sekerheid van die hoop”. Hierdie term, volle geloofsekerheid, word ook gebruik in Hebreërs 10:22. Geloof, soos gedefinieer in Hebreërs 11:1, sê vir ons geloof is om seker te wees van die dinge wat ons hoop en om oortuig te wees van dit wat ons nie sien nie. Hoop is dus ‘n aspek van ons geloof wat te doen het met ons toekoms terwyl ons geloof omvattend is van ‘n geloof en vertroue in God vir ons verlede, hede en toekoms. Hierdie onderskeiding is belangrik om die vertroue te verstaan wat in die Bybelse definisie van hoop opgesluit is. Hoop is noodsaaklik vir ons geloof.



Gesinne Met Jong Kinders



KINDERS: Wat is die dinge waarvoor julle hoop? Miskien hoop julle Kersfees is gouer hier? Miskien hoop julle om die geskenk te kry wat julle regtig wil hê? Hoop julle dat dit nie sal reën nie? Dikwels hoop ons vir iets, maar ons is onseker of dit gaan gebeur. Die Bybel leer ons dat ons verseker kan wees van ons hoop in Christus en dat ons nie onseker hoef te wees nie!


Lees Hebreërs 6:11-12 en Hebreërs 11:1. KINDERS: Waaraan is hoop soortgelyk? (geloof) Geloof is die sekerheid van dit waarop ons hoop sodat ons volkome vertroue in God se beloftes kan hê. Is daar ‘n verskil in ons hoop op die dinge van die wêreld en die hoop wat ons in Christus het?



Lees Lukas 1:5-17. KINDERS: Dink julle Elizabeth het gehoop vir ‘n kind? Wie was aan die kom volgens hierdie teksgedeelte? (Johannes die Doper) Wat was die doel van Johannes die Doper? (om die mense voor te berei op die koms van Jesus) Wat leer julle van Johannes uit hierdie teksgedeelte? (hy sal regverdig wees en ‘n hoë aansien hê by God, hy sal die volk help om terug te draai na God, hy sal gevul wees met die Heilige Gees)


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

121 Advent

Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons ...

More

Baie dankie aan 121 Gemeenskap Kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://121cc.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid