Leesplan inligting

121 AdventVoorbeeld

121 Advent

DAG 4 VAN 24

Die Bron van Hoop


Wat beteken dit om te hoop, in ‘n aardse sin? Wanneer jy hoop vir iets spesifiek, vir ‘n verandering in omstandighede of ‘n gunstige uitslag, wat is die emosies wat jy beleef? Is jy bang? Onseker? Benoud en angstig? Aardse hoop word dikwels gekenmerk deur angs. Ons is te dikwels besig met een of ander onnodige bekommernis. Ek hoop my span wen die liga of ek wonder of die vriend wat ek lanklaas van gehoor het my gaan kontak. Ons is bekommerd dinge gaan nie uitwerk soos ons dit wil hê of beplan het nie. Maar dit is anders as die hoop wat ons het in God.


Dikwels wankel ons hoop omdat dit gebaseer is op ons eie agenda en nie op die vaste en stabiele fondament wat God is nie. In die voorbeelde wat hierbo genoem word is ons hoop gevestig op ‘n span of ‘n vriend. Ons het nie sekerheid hoe ons span sal vaar en of die vriend gaan kontak maak nie. Met Bybelse hoop is daar nie onsekerheid nie. Ons kan ten volle verseker wees daarvan omdat dit gewortel is in die getrouheid van God. Die beste bewys hiervan is die voorsiening wat God vir ons gemaak het in Jesus Christus. Ons sien uit na die vervulling van al sy beloftes in die Skrif, en in besonder na die wederkoms van Jesus, wetende dat sy karakter gekenmerk word deur sy onwrikbare getrouheid. Hy is onveranderlik, Hy is vir ons (Romeine 8:31), en Hy laat alles ten goede vir ons meewerk (Romeine 8:28).


Waarop is jou hoop gevestig? Op watter karaktereienskap van God kan jy vandag jou hoop vestig?


Gesinne Met Jong Kinders


Lees Klaagliedere 3:21-24. KINDERS: Wat kan ons hoop gee? (die wete dat God baie lief is vir ons en dat sy liefde onwrikbaar is, die Here se getrouheid is vir ewig en dit gee vir ons alles wat ons ooit gaan nodig kry) Wanneer ons hoop gevestig is op dinge wat feilbaar is, soos mense en dinge hier op aarde, kan ons teleurgestel word. As ons egter ons hoop in Jesus bo alles stel dan het ons ‘n stabiele basis. Waarop is jou hoop gebaseer? Hoe het God sy liefde aan jou gewys? Hoe het Hy voorsien in jou behoeftes? Hoe was Hy getrou aan jou? Vra jou ouers dieselfde vrae.


Lees Jeremia 33:14-16. KINDERS: Op watter belofte het God gesê moet die mense hoop? (die koms van Christus, verlossing deur Jesus) Jeremia het dit geskryf. Hy was een van die profete wat deur God gebruik is om ons te vertel van die koms van Jesus lank voor Hy gebore is. Hy het gesê die Verlosser gaan kom uit die stam van Dawid en dat Hy ‘n regverdige loot is. Die woord loot is soortgelyk aan ‘n kodewoord wat die profete gebruik het om die Verlosser te beskryf. Jesaja en Sagaria het ook na die komende Messias as ‘n loot verwys. Wat is die karakter kenmerke van God? In watter karakter kenmerke vind jy vandag jou hoop?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

121 Advent

Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons ...

More

Baie dankie aan 121 Gemeenskap Kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://121cc.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid