Leesplan inligting

121 AdventVoorbeeld

121 Advent

DAG 24 VAN 24

Afsluiting van Advent-tyd


Dit is ons hoop dat hierdie tydperk van Advent gekenmerk is deur die rykdom van Christus en die liefde, vreugde, vrede en hoop wat deur sy koms aan ons betoon is. Alhoewel ons elkeen van hierdie afsonderlik behandel het, hulle definisies, oorsaak en oorsprong, is Hy die goue draad wat deur elkeen loop. Hy is die volmaakte voorbeeld en die hoop vir hul bestaan in ons lewens en ons wêreld. Ons fokus moet op Hom wees. Nie net in die Kerstyd nie, maar in elke tydperk van die jaar.


Lees weer deur die gedeeltes wat die afgelope weke ‘n impak op jou gemaak het. Dink na oor die waarhede wat Hy deur sy Gees aan jou geopenbaar het. Deel die verhaal van Christus met iemand wat Hom nie ken nie. Of herinner iemand wat Hom wel ken aan die goeie nuus van sy koms. Dink na oor die karakter van God, dat Hy gekies het om deur Jesus tot ons redding te kom. Bid dat jou hart gerig sal wees op sy hoop, sy vrede, sy vreugde en sy liefde. Bid dit vir jou gesin, vriende – naby en ver – en vir jou wêreld waarin jy woon en werk.


Gesinne Met Jong Kinders


KINDERS: Onthou dat die Advent-tydperk gaan oor die afwagting van Jesus se koms. Hoe wonderlik dat Hy as baba na die aarde gekom het, nog meer wonderlik is dat die doel van sy koms jare later aan die kruis vervul is.


Lees Johannes 3:16. KINDERS: Dit is heel waarskynlik 'n baie bekende vers vir baie van julle. Watter waarheid in daardie vers ken julle? Vir wie het God lief? Wat het Hy gedoen met daardie liefde? Wat kan jy doen in antwoord op sy liefde?


KINDERS: Bestee tyd in gebed met God. Bedank Hom dat Hy hoop, vreugde, vrede en liefde is. Bedank Jesus dat Hy aarde toe gekom het in die nederige gedaante van ‘n baba, en dat Hy uiteindelik aan ‘n kruis gesterf het vir ons sondes en dat Hy die offer was deur wie ons ‘n verhouding met God kan hê. Vra God om jou te help om hoop, vreugde, vrede en liefde aan ander te wys.


Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

121 Advent

Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons ...

More

Baie dankie aan 121 Gemeenskap Kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://121cc.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid