Leesplan inligting

121 AdventVoorbeeld

121 Advent

DAG 5 VAN 24

Hoe Leef Ons Hoop?


As ons weet hoop kom van God af en die gelowige ontvang dit wanneer hy gered word, waarom is dit dan so moeilik om in hoop te leef? Hoekom is so baie van ons, as Christene, sonder hoop?


As ons hoop van nader beskou gee die Bybel nie net vir ons die bron van hoop en die rede hoekom ons hoop kan hê en hoop het nie, dit wys ons ook hoe ons hoop in oorvloed kan hê. Hoop word moontlik gemaak deur die krag van die Heilige Gees (Romeine 15:13). Wanneer ons ons geloof en vertroue in Christus vir ons verlossing stel, gee Hy vir ons genadiglik sy Heilige Gees. Sy Gees is Christus in ons, die hoop op heerlikheid (Kolossense 1:27). God het ons hoop gegee, maar ons moet in Hom bly en sy Gees in ons om geloof te kan hê en dit uit te leef.


Die prag van die hoop wat ons deur Christus ontvang het en in ons deur sy Gees lewend gemaak is, is dat dit ons die vermoë gee om blywende hoop te hê, wat onsekerheid en aardse omstandighede te bowe gaan. Ons begin hoop nie vir ‘n sekere uitslag of uitkoms nie maar in die liefde van God wat Hy aan ons gebring het deur Jesus aan die kruis. Dit maak ons omstandighede maklik, wat ‘n kragtige getuienis kan wees vir hulle wat Jesus nie ken nie. Trouens, Petrus het ons hoop gesien as iets wat ons onderskei, iets waarvoor ons altyd gereed moet wees om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van ons 'n verduideliking eis oor die hoop wat in ons lewe. Daardeur kan ons ander van Jesus leer (1 Petrus 3:15).


Is dit dan reg om op ons omstandighede te hoop? Vir ‘n nuwe werk? Vir ‘n wankelende verhouding om te herstel? Vir ‘n kind om in sy sport of by die skool goed te doen? Vir ‘n saketransaksie om suksesvol te wees? Ja. Ons hoop moet egter gevestig wees in Jesus, ongeag die omstandighede en die uiteindelike uitkoms van dit waarop ons hoop.


Is jou hoop gefokus op iets of in die persoon van Jesus? Met wie kan jy dit vandag deel?


Gesinne Met Jong Kinders


Lees Kolossense 1:27. KINDERS: wat is die hoop op heerlikheid volgens hierdie teksgedeelte? (Jesus wat in julle lewe) Om sy hoop te ontvang moet ons ‘n persoonlike verhouding met Jesus hê. Ons kan nie, afgesonder van Jesus, hoop uitleef nie. Die waarheid oor hoop in Jesus is dat selfs wanneer hoop op ander dinge vervaag, sal jou hoop in Jesus standvastig bly. Dit is ‘n voortdurende soort hoop wat nie afhanklik van jou situasie en omstandighede is nie. Veronderstel jy het gehoop op iets en jy kry dit nie of dit gebeur nie. Jy kan steeds hoop omdat Jesus altyd dieselfde is ongeag wat gebeur. Hoe kan jou hoop in Jesus wees in plaas van op iets?


Lees Lukas 1:26-45. KINDERS: Wat het die engel van die Here vir Maria vertel? (dat God haar genadig is en dat sy ‘n baba in die wêreld gaan bring) Maria het te hore gekom dat Elisabet, haar niggie, ten spyte van haar hoë ouderdom, ook swanger was. Het jy al ooit nuus gehoor wat skokkend was of moeilik om te begryp? Hoe het jy gereageer? Hoe het Maria gereageer toe sy die verrassende nuus gehoor het? (sy het geweet sy is ‘n dienaar van God) Hoe was Maria se reaksie teenoor die engel verskillend van Sagaria se reaksie? (Maria het geglo terwyl Sagaria getwyfel het) Wat kan jy leer van Maria se reaksie?


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

121 Advent

Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons ...

More

Baie dankie aan 121 Gemeenskap Kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://121cc.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid