Leesplan inligting

121 AdventVoorbeeld

121 Advent

DAG 9 VAN 24

Die Bron van Vrede


Soos voorheen vermeld, is vrede verbreek in Genesis 3 toe Adam en Eva sonde in God se goeie en vredevolle wêreld gebring het. Die verhouding van vrede tussen God en die mens en dié tussen die mense was nou vyandig en gebroke.


Dikwels word 'n bemiddelaar benodig om versoening te bewerkstellig as daar vyandigheid of onenigheid tussen twee partye is. Die bemiddelaar se taak is om vrede te maak tussen die twee partye. Daarom is daar ook ‘n Middelaar nodig om vrede tussen ons en God te bewerkstellig. Om vrede met God te hê is daar Iemand nodig wat versoening tussen ons en God en vrede in ons lewens kan bring. Lank gelede het Jesaja ons vertel dat hierdie Middelaar eendag sou kom en dat Hy die Vredevors is (Jesaja 9:5).


Wie is die Middelaar na wie Jesaja verwys het? Wie is die Vredevors? Wie is hierdie persoon wat Homself geoffer het om ons met God te versoen en ware vrede in ons lewens te bring?


Jesus het gesê: “Vrede laat Ek vir julle na” (Johannes 14:27).


Jesus het gesê: “my vrede gee ek vir julle” (Johannes 14:27).


Jesus het gesê: “… sodat julle vrede kan vind in My” (Johannes 16:33).


Jesus is daardie Middelaar. Jesus is die een wat staan tussen God en die mens om vrede te herstel, om ons verhouding met God te versoen. Toe Jesus gebore is, het vrede in ons wêreld gekom!


Gesinne Met Jong Kinders


Lees Jesaja 26:3. KINDERS, Die Bybel leer ons dat God ons volmaakte vrede gee wanneer ons ten volle op Hom vertrou en op Hom staatmaak. Die Bybel leer ons ook dat Jesus ons heel beste vriend wil wees. Wanneer ons op Jesus staatmaak, ontvang ons die vrede wat ons nodig het. God het vir Jesus gestuur om ons vriend en helper te wees. Hoe lekker is dit nie om ‘n beste vriend te hê wie se begeerte dit is dat ons volkome vrede kan hê!


Praat met mekaar hoe belangrik jou vriende is. Op watter maniere kan jy ‘n helper wees vir jou vriende, jou ouers, jou ouma en oupa, jou broer en suster, vir jou bure en selfs ook vir ander wat jy nie eens ken nie?


Lees Lukas 2:6-7. KINDERS, hoe opwindend is dit dat die baba Jesus gebore is! Tog was Maria en Josef baie bekommerd omdat hulle nie ‘n plek kon kry om in te oornag nie. Hulle het egter geweet dat God vir hulle sal sorg. En Hy het! Waar het hulle daardie nag oorgebly? (‘n stal agter die herberg) Nadat die baba Jesus gebore is, is Hy neergelê in ‘n gemaklike bed? (nee, Hy is neergelê in ‘n krip)


Wanneer jy bid, kyk in jou kamer rond en na alles wat daar is. Sê dankie vir God dat Hy vir jou ‘n huis gegee het met jou eie kamer en bed! Bedank Hom omdat Hy vir Jesus ‘n plek gevind het om gebore te word en dat Hy vir Jesus hierheen gestuur het om ons Helper te wees in alles wat ons dink, doen en sê.


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

121 Advent

Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons ...

More

Baie dankie aan 121 Gemeenskap Kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://121cc.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid