Leesplan inligting

Genoeg: Om Die Leuens Wat Jou Selfvertroue Steel Stil Te MaakVoorbeeld

Enough: Silencing Lies That Steal Your Confidence

DAG 7 VAN 7

Meer as Genoeg


Neerhalende woorde uit ons kinderjare kan ons soos drogbeelde bybly, veroorsaak deur sorgelose ouers, onnadenkende vriende, taktlose onderwysers en onverstandige maats. Ons wou 'n seun hê, maar toe is jy gebore ... Jy was 'n fout; ons wou nooit kinders hê nie ... Ons wil jou nie in ons span hê nie ... Is dit die beste wat jy kan doen?... Hierdie sitplek is reeds geneem. Woorde wat weerklink, wat bevestig wat ons reeds vermoed het — ons is van geen waarde nie. 


Die waarheid is egter: Ons het almal gebreke en tekortkominge. God ken elkeen van hulle; Hy weet selfs wat dit veroorsaak het. Tog het Hy jou uitgekies. Hy het jou uitgekies voordat jy gebore is. Dink aan God se woorde aan Jeremia: “Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan my gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel” (Jer. 1:5).


Lank voordat God die aarde geskep het, het Hy jou in gedagte gehad. Hy het besluit om jou deur Jesus Christus in sy familie aan te neem en jou die fokus van sy liefde te maak. Hoekom? Omdat dit Hom plesier gegee het om dit te doen (Ef. 1:5).


Nie net het God jou geken voor jy gebore is en jou uitgekies om sy kind te wees nie, Hy het jou aangestel om vrugte te dra. Jesus het gesê: “Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en het julle aangestel om uit te gaan en vrugte dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra” (Joh. 15:16).


God het ook die spesifieke tyd en plek in die geskiedenis vir jou geboorte beplan. Paulus het geskryf: “Uit een mens het Hy al die nasies gemaak. Hy het hulle gemaak om oor die hele aarde te woon. Hy het bepaal hoe lank hulle sal bestaan en waar hulle sal woon.” (Hand. 17:26).


Hoe op aarde kon ek of jy dan ooit waardeloos wees? Dit is onmoontlik. Die blote feit dat ons geskape is om beelddraers van 'n heilige God te wees, weerspreek dit. C. S. Lewis het in sy werk The Weight of Glory geskryf: “Daar is geen gewone mense nie. Jy het nog nooit ’n blote sterfling ontmoet nie.” En jy is geen gewone sterfling nie! 


Staan vandag tyd af om God te dank dat jy van groot waarde is.


***


Ons hoop jy het hierdie leesplan geniet Enough: Silencing the Lies That Steal Your Confidence deur Sharon Jaynes. Daar is selfs meer om te ontdek oor die verwerping van leuens en die vervanging daarvan met God se waarheid! Kom meer te wete hier. 


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Enough: Silencing Lies That Steal Your Confidence

Sê die stemme in jou kop jy is nie goed genoeg nie, slim genoeg, mooi genoeg ... of net nie genoeg nie, punt? Sharon Jaynes, die gewilde skrywer en spreker, ontbloot die leuens wat jou vasgevang hou in skaamte, onsekerhe...

More

Ons wil graag vir Sharon Jaynes en Harvest House Publikasies bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.harvesthousepublishers.com/books/enough-9780736973540

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid