Leesplan inligting

Genoeg: Om Die Leuens Wat Jou Selfvertroue Steel Stil Te MaakVoorbeeld

Enough: Silencing Lies That Steal Your Confidence

DAG 2 VAN 7

Verstaan wat die Vyand se ware Identiteit is


Jesus het hom “vader van die leuen” genoem (Johannes 8:44). Johannes het hom "die duiwel" (12:9) en "die aanklaer" genoem (12:10). Dit maak nie saak wat jy hom noem nie, die vyand is die een wat vir ons sê dat ons nie goed genoeg is nie en nooit sal wees nie ... en dit is nie waar nie. Die waarheid is egter, as gevolg van die voltooide werk van Jesus Christus aan die kruis en sy Gees in jou, is jy genoeg.  



Die duiwel kan nie God se beloftes wegneem nie. Hy kan nie die waarheid verander van wie jy is en wat jy in Christus is nie. Hy kan wel 'n vraagteken aan die einde van daardie beloftes plaas om jou te laat bevraagteken of sy Woord werklik vir jou waar is. Hy kan 'n vraagteken aan die einde van God se opdragte plaas in 'n poging om jou te laat bevraagteken of sy beloftes op vandag van toepassing is. Elke keer as 'n gedagte by jou opkom wat met die woorde begin: "Het God regtig gesê ..." moet jy tot stilstand kom en jouself afvra: "Waar het daardie gedagte vandaan gekom?" Ons meeste besluite wat ons weg van God se volmaakte plan af lei, begin met hierdie vraag, net soos hy ook met Eva gemaak het (Genesis 3:1).



Ons moet weet wie die vyand is en verstaan ​​hoe hy te werk gaan. Hy doen met jou en my presies dieselfde as wat hy met Adam en Eva in die tuin gedoen het. Hy neem die beloftes van God, soos: "Ek is heilig en innig geliefd", en draai dit in jou gedagtes om te word: "Is ek heilig en innig geliefd? Kan ek alles doen deur Christus wat my krag gee? Is ek vry van veroordeling?"



Wanneer jy agterkom jy plaas 'n vraagteken aan die einde van God se beloftes, gryp dit met albei hande vas en vervang dit in 'n uitroepteken!



Ek is heilig en innig geliefd!



Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee!



Ek is vry van veroordeling!



Watter leuens het jy oor jouself geglo?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Enough: Silencing Lies That Steal Your Confidence

Sê die stemme in jou kop jy is nie goed genoeg nie, slim genoeg, mooi genoeg ... of net nie genoeg nie, punt? Sharon Jaynes, die gewilde skrywer en spreker, ontbloot die leuens wat jou vasgevang hou in skaamte, onsekerhe...

More

Ons wil graag vir Sharon Jaynes en Harvest House Publikasies bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.harvesthousepublishers.com/books/enough-9780736973540

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid