Leesplan inligting

Genoeg: Om Die Leuens Wat Jou Selfvertroue Steel Stil Te MaakVoorbeeld

Enough: Silencing Lies That Steal Your Confidence

DAG 4 VAN 7

Verwerp die Leuens


Baie van die leuens wat in ons gedagtes rondrol, is al lankal daar. Ons weet dalk nie eens wanneer of hoe dit begin het nie. Hierdie deurdringende en aanhoudende gedagtes word "vestings" genoem. Die Griekse woord vir vesting is echo, wat beteken "om vas te hou." Dit klink baie soos ons Afrikaanse woord eggo, en het 'n soortgelyke betekenis: om weer en weer in iemand se gedagtes te eggo. 



'n Afleiding van dieselfde woord, echuroma, beteken "'n vesting, versterking, fort." 'n Vesting is 'n denkpatroon wat 'n versterkte fort om die gees vorm om foutiewe denke gevange te hou. Dit word steen vir steen gevorm met herhalende foutiewe denke of alles op een slag deur 'n eenmalige traumatiese gebeurtenis, soos 'n verkragting, molestering of mishandeling. 



Hierdie denkpatrone het die potensiaal om so 'n houvas op die denke te kry dat dit jou lewe regeer. Baie vestings word gebou vir beskerming, maar word onvermydelik tronke.  



In die Ou Testament was 'n vesting 'n versterkte skuiling of fort wat vir beskerming teen 'n vyand gebruik is (1 Samuel 22:4; 23:14). In die Nuwe Testament gebruik Paulus die Ou Testamentiese beeldspraak van 'n vesting om 'n struktuur te beskryf wat die duiwel binne hou eerder as 'n struktuur wat 'n vyand buite hou. 'n goddelose gewoonte of manier van dink kan so 'n woonplek vir die duiwel word. 



Wanneer ons oor vestings praat, praat ons nie van toevallige gedagtes of sondes wat per geleentheid gepleeg word nie. 'n Vesting is 'n denkpatroon of gewoontesonde. Dit is 'n fort wat gebou is met die bakstene van gedagtes en bymekaar gehou word deur die messelklei van emosies. Vestings word ons begrip van die werklikheid.



'n Vesting kan 'n gedagte wees soos:



Ek is nie goed nie.



Niemand is lief vir my nie.



Ek kan niks reg doen nie.



Die vyand sluit jou toe in die hoop dat jy nooit die sleutel — deur te glo — sal optel wat binne jou bereik is nie. Die Bybel sê: "Ons het Goddelike krag om vestings af te breek." Die woord afbreek beteken die soort vernietiging wat geweldige krag vereis — Goddelike krag. Ons kan nie vestings met ons eie krag vernietig nie, selfs nie op ons beste dae nie. Die Heilige Gees kan egter vestings met sy krag vernietig selfs op ons slegste dae. Dit begin met die erkenning van die leuen en om dan te verklaar: "Dis nie waar nie."


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Enough: Silencing Lies That Steal Your Confidence

Sê die stemme in jou kop jy is nie goed genoeg nie, slim genoeg, mooi genoeg ... of net nie genoeg nie, punt? Sharon Jaynes, die gewilde skrywer en spreker, ontbloot die leuens wat jou vasgevang hou in skaamte, onsekerhe...

More

Ons wil graag vir Sharon Jaynes en Harvest House Publikasies bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.harvesthousepublishers.com/books/enough-9780736973540

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid