Leesplan inligting

Genoeg: Om Die Leuens Wat Jou Selfvertroue Steel Stil Te MaakVoorbeeld

Enough: Silencing Lies That Steal Your Confidence

DAG 1 VAN 7

Om die Leuens Stil Te Maak wat jou Selfvertroue Steel


Wat doen jy wanneer die woorde, "Ek is nie goed genoeg nie" in jou kop vassteek? Wanneer die leuens van die vyand beperkings in jou lewe skep? Wanneer die verkleinerende uittarting van die duiwel jou soos doringdraad omhein, sodat die beste wat God vir jou wil gee op 'n afstand bly. Het jy leuens wat tuimelend in jou gedagtes rondrol, ondanks jou desperate pogings om daarvan ontslae te raak? Het jy soveel spyt wat hoog opgestapel is soos ongeleesde boeke? Indien wel, gaan ons dit in hierdie leesplan aanpak.



Die stryd om die liedjie in my kop te verander het begin toe ek in my middel-dertigs was en deur 'n ouer vrou in my kerk onderrig is. Sy het my oë oopgemaak vir die waarhede in die Skrif oor wie ek is, wat ek het en my posisie as kind van God. Ek het voorheen daardie verse gelees wat op verskeie plekke in die Skrif voorkom, maar toe sy my aangemoedig het om hulle almal in een lys saam te voeg, het God 'n nuwe werk in my hart begin.



Jy is 'n godsvrou.



Jy is uitgekies.



Jy is innig geliefd.



Jy is heilig.



Hierdie waarhede was net daar op die bladsye van my Bybel in swart en wit, en 'n paar in rooi.



Jy is versoen deur Christus se lewe.



Jy word geregverdig deur Christus se bloed.



Jy is vry van veroordeling deur Christus se dood.



Jy het die denke van Christus.



Ek het geweet hierdie verse is die onfeilbare Woord van God, maar ek het effens geskok gevoel om dit te hoor, te lees en te glo. Dit het nie reg gevoel nie. Dit het nie reg geklink nie. Hulle het my heeltemal ongemaklik gemaak.



Ek moes egter 'n keuse maak. Gaan ek glo dat God die waarheid praat? Ek het probeer om die verse te leer en met die Heilige Gees saam te werk om die manier waarop ek oor myself dink te verander, maar dit was 'n stryd ... 'n geveg. En so het ek vorendag gekom met 'n gevegsplan — 'n plan om die leuens van die vyand met die waarheid van God te oorweldig. 



In die volgende paar dae gaan ons ontdek hoe om die innerlike kritikus wat ons gyselaar hou, stil te maak — om die leuens wat ons selfvertroue steel, stil te maak. Ons gaan die mure platslaan wat die beste wat God vir ons wil gee, op 'n afstand hou en meer na die stille, sagte stemmetjie luister wat na nog meer roep. 



Is jy bereid om te glo jy is wie God sê jy is, ongeag hoe mooi, sterk en dapper dit mag wees?



***



Hierdie leesplan is aangepas uit die boek Enough: Silencing the Lies That Steal Your Confidence deur Sharon Jaynes. Om meer te wete te kom, besoek asseblief hier. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Enough: Silencing Lies That Steal Your Confidence

Sê die stemme in jou kop jy is nie goed genoeg nie, slim genoeg, mooi genoeg ... of net nie genoeg nie, punt? Sharon Jaynes, die gewilde skrywer en spreker, ontbloot die leuens wat jou vasgevang hou in skaamte, onsekerhe...

More

Ons wil graag vir Sharon Jaynes en Harvest House Publikasies bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.harvesthousepublishers.com/books/enough-9780736973540

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid