Leesplan inligting

Genoeg: Om Die Leuens Wat Jou Selfvertroue Steel Stil Te MaakVoorbeeld

Enough: Silencing Lies That Steal Your Confidence

DAG 5 VAN 7

Vervang die Leuens met Waarheid


Nadat Jesus deur sy neef, Johannes, gedoop is, het die hemel oopgegaan, 'n duif het neergedaal, en God het gesê: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My" (Luk 3:22). 



Onmiddellik is Jesus die woestyn ingelei en het Hy van aangesig tot aangesig gekom met sy mededinger — die duiwel — wat Hom wou vernietig. In Matteus 4 lees ons:



"Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword. Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: 'As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.' Maar Hy antwoord: 'Daar staan geskrywe: 'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.'” (Matteus 4:2-4).

Wag 'n bietjie. Wat bedoel hy, "As jy die Seun van God is..."? Het God nie gesê: "Jy is my Seun. Oor Jou verheug Ek My ...” Ja, Hy het. Vriende, die bedrieër sal dieselfde aan jou doen. Wanneer jy begin vashou aan die waarheid van jou ware identiteit in Christus en die kragtige beloftes van God, sal die duiwel vir jou sê: "As jy 'n kind van God was ...



Dan sou Hy jou gebed verhoor.



Dan sou Hy vir jou gee wat jy wil hê.



Dan sou Hy jou gelukkig maak.



Dan sou Hy jou suksesvol maak.



Dan sou Hy …"



Die duiwel weet presies wie jy is en wat jy as kind van God het. Sy doel is om jou te laat twyfel en die waarheid te bevraagteken.



Hoe het Jesus die duiwel oorwin? Hy het die swaard van die Gees — die Woord van God — uitgetrek en dit diep in die Satan se leuen gesteek. Hy het die leuen herken, die leuen verwerp en die leuen met waarheid vervang. Met elkeen van die duiwel se versoekings in die woestyn het Jesus teruggeveg met die woorde: “Daar staan geskrywe.” Hy het die leuens verwerp en die leuen met die waarheid vervang. (Matteus 4:6, 4:7).



Die Satan is verslaan en het stert tussen die bene weggesluip om op 'n ander geskikte tyd te wag (Lukas 4:13). 



Die duiwel doen vandag presies dieselfde met ons. Dit berus by ons om Jesus se voorbeeld te volg: herken die leuen, verwerp die leuen en vervang die leuen met waarheid. Dan het die vyand geen ander keuse as om om te draai en weg te loop nie.



Watter leuens moet jy vandag met waarheid vervang?


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Enough: Silencing Lies That Steal Your Confidence

Sê die stemme in jou kop jy is nie goed genoeg nie, slim genoeg, mooi genoeg ... of net nie genoeg nie, punt? Sharon Jaynes, die gewilde skrywer en spreker, ontbloot die leuens wat jou vasgevang hou in skaamte, onsekerhe...

More

Ons wil graag vir Sharon Jaynes en Harvest House Publikasies bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.harvesthousepublishers.com/books/enough-9780736973540

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid