Leesplan inligting

Genoeg: Om Die Leuens Wat Jou Selfvertroue Steel Stil Te MaakVoorbeeld

Enough: Silencing Lies That Steal Your Confidence

DAG 6 VAN 7

EK IS — Vul Die Leemtes In


"Ek is nie ___________ genoeg nie." 



Jy kan daardie leemte met slim, talentvolle, begaafde, geestelike, uitgaande, aantreklike of enige aantal positiewe eienskappe vul. Tog, die oorspronklike bron van elke leemte is gewortel in "Ek is nie goed genoeg nie." Punt. Dit is een van die vyand se gunsteling maniere om God se kinders te mislei en gyselaar te hou vir 'n lewe wat "minder as" is. Ek is nie goed genoeg nie is 'n verraderlike leuen wat die beste wat God vir sy kinders wil gee, op 'n afstand hou. 



Die vyand probeer ons oortuig om op ons gebreke eerder as op ons geloof te fokus. Wanneer ons op ons foute fokus, haal ons ons fokus van God af, wat ons toerus; van die Heilige Gees af, wat ons bemagtig; en van Jesus af, wat ons onderskraag.



Die Bybel dat niemand goed genoeg is om sy of haar weg na die hemel te verdien nie (Romeine 3:23). Verlossing is 'n gawe van God (Efesiërs 2:8). Baie het egter die waarheid dat hulle nie goed genoeg is om hul weg na die hemel te verdien nie, oorgedra na "Ek is nie goed genoeg nie — punt." Deur die voltooide werk van Jesus Christus aan die kruis, en sy krag wat in jou en deur jou werk, is jy goed genoeg om alles te doen wat God jou geroep het om te doen en te wees.



As jy toegee aan die leuen "Ek is nie goed genoeg nie", sal dit jou verlam. Dit is die uitweg wat die lafaard kies. Ek het dalk nou jou gevoelens seergemaak, maar luister, ek praat ook met myself. 



Moed en selfvertroue volg op gehoorsaamheid. Ek kan nie vir jou sê hoeveel keer ek die woorde: "Ek is nie goed genoeg nie," in my kop hoor skree nie. Wanneer ek egter 'n tree in gehoorsaamheid neem en doen waarvoor God my geroep het, oorweldig die krag van die Heilige Gees die vyand se leuens.



Een van die belangrikste name vir God is YHWH, of EK IS. Wanneer ons sê: "Ek is nie goed genoeg nie," sê God: "EK IS." Wanneer ons sê: "Ek is nie sterk genoeg nie," sê God: "EK IS." Hy is die God wat ons leemtes vul.



Wanneer ons eers die leuens laat vaar dat ons nie genoeg is nie en vashou aan die waarheid dat ons meer as genoeg is as gevolg van Jesus se teenwoordigheid en krag in ons, dan sal ons bevry word van die soetsappige mentaliteit en op pad wees om die moedige selfvertroue van 'n oorwinnaar te ervaar. 



In watter leemtes het jy die groot EK IS nodig om jou lewe te vul?


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Enough: Silencing Lies That Steal Your Confidence

Sê die stemme in jou kop jy is nie goed genoeg nie, slim genoeg, mooi genoeg ... of net nie genoeg nie, punt? Sharon Jaynes, die gewilde skrywer en spreker, ontbloot die leuens wat jou vasgevang hou in skaamte, onsekerhe...

More

Ons wil graag vir Sharon Jaynes en Harvest House Publikasies bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.harvesthousepublishers.com/books/enough-9780736973540

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid