Leesplan inligting

Tydbestuur Beginsels uit die Woord van GodVoorbeeld

Time Management Principles From God’s Word

DAG 6 VAN 6

Sê Net Nee

Markus begin sy weergawe van Jesus en sy bediening met 'n beskrywing van vele genesings: die uitdryf van duiwels uit 'n man in die sinagoge en die genesing van Petrus se skoonmoeder in Kapernaum. "Toe dit aand geword het ... het mense al die siekes en dié wat in die mag van bose geeste was, na Hom toe gebring. Die hele dorp het by die deur van die huis saamgedrom" (Markus 1:32-33) en Jesus het baie gesond gemaak. 


Geen wonder dat die dissipels die volgende oggend na Jesus toe kom en sê: "Almal soek U!" Dis duidelik dat die hele dorp van Jesus se wonderbaarlike genesende kragte gehoor het en hulle wou 'n herhaling van die vorige dag hê. Jesus het egter "nee" gesê. Dit was seker vir die dissipels 'n skok toe Jesus sê: "Laat ons êrens anders heen gaan, na die nabygeleë dorpies toe, sodat Ek daar ook kan preek, want daarvoor het Ek gekom" (Markus 1:38).


Dit was die eerste, maar beslis nie die laaste keer wat dit in die evangelies aangeteken is dat Jesus "nee" gesê het nie. Hoekom het Jesus "nee" gesê? Hy het tog die vermoë gehad om meer mense te genees. Hy het seer sekerlik die begeerte gehad om die mense se pyn te verlig. Alhoewel Hy hulle wou genees, het hy geweet dat Hy beperkte tyd op aarde gehad het om sy doel te bereik. Hy het nie aarde toe gekom net om siekes gesond te maak en Homself te openbaar nie. Hy het aarde toe gekom om die evangelie te verkondig as voorbereiding van sy kruisdood. Jesus was uiters bewus van sy doel en daarom kon Hy ook vir goeie dinge "nee" sê, sodat Hy op die belangrike rede kon fokus hoekom Hy aarde toe gekom het.


As Jesus nie vir alles "ja" gesê het nie, hoef ons ook nie. Ek en jy het beperkte tyd en bronne. Om ons beskikbare tyd ten beste te benut, is dit uiters belangrik om baie seker te maak van wat ons glo God se roeping vir ons is en die gewoonte aanleer om vir geleenthede nee te sê — selfs regtig goeies — wat ons aandag van ons ware roeping kan aflei.


Onthou, jy lewe vir 'n spesifieke rede! Ek bid dat die Skrifgedeeltes wat ons die laaste ses dae ondersoek het, ons sal uitdaag om die tyd wat ons oorhet, slim te gebruik. Ons moet die laaste ure gebruik om God en ander lief te hê en deur ons voorbeeld, dissipels van Jesus Christus te maak.


As jy hierdie leesplan geniet het, sal jy ook my weeklikse oordenking geniet. Dit help jou om beter te verstaan hoe om die evangelie in jou werk uit te leef. Teken hier in.


Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Time Management Principles From God’s Word

Voel jy gefrustreerd omdat daar nie meer as 24 ure in 'n dag is nie? Is jy oorweldig deur al die projekte wat op jou taaklysie is? Is jy moeg daarvoor om nie genoeg tyd te hê om in die Woord van God of met jou vriende en...

More

Baie dankie aan Jordan Raynor wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.jordanraynor.com/time/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid