Leesplan inligting

Tydbestuur Beginsels uit die Woord van GodVoorbeeld

Time Management Principles From God’s Word

DAG 3 VAN 6

Kom Jou Verpligtinge Na


Jesus het beveel dat ons "ja" "ja" moet wees. Ongelukkig beteken al hoe meer Christene se "ja", deesdae eintlik "nee". Elke keer as ons nie 'n verpligting nakom nie, laat opdaag, nie 'n projek betyds voltooi nie of nie terug skakel as ons belowe het om so te maak nie, is ons ongehoorsaam aan Jesus se opdrag dat ons "ja" "ja" moet wees. In ons gejaagde lewens sê ons dikwels "ja", maar hou nie ons woord nie. Die feit dat hierdie sonde so onskuldig voorkom, is 'n waarskuwing vir die kerk. Ons is as die beeld van God geskape en verteenwoordig Hom in 'n verlore wêreld. Ons moet ons woord hou om 'n goeie verteenwoordiger van ons Verlosser te wees. 


Hoe moet ons dit prakties toepas? Ons moet 'n stelsel in plek kry sodat ons al ons verpligtinge kan nakom. Dit kan op papier of digitaal wees, bv. 'n program soos OmniFocus. Die manier waarop jy dit doen is nie so belangrik as dat jy dit wel doen nie. As ons Jesus se opdrag uitvoer en ons "ja" "ja" is, moet ons 'n manier hê om tred te hou met alles waarvoor ons "ja" sê. Dit klink logies, né? Dit is! Ongelukkig is daar so min mense wat dit goed kan doen. Daar is egter goeie nuus: dit is 'n maklike probleem om op te los.


Gebruik iewers vandag 30 minute om al jou verpligtinge neer te skryf. Dié wat jy moet nakom teenoor jouself, jou vriende, jou man of vrou, jou kinders, jou kollegas, ens. As jou lys klaar is, kyk na die verpligtinge wat jy kan verander of verwyder. Bv.: dalk het jy belowe dat jy jou ouma verlede week sou bel, maar jy het dit nog nie gedoen nie. Bel haar sommer nou en gesels vyf minute met haar. Laat jou "ja" "ja" wees, al is dit 'n bietjie laat. Ek belowe jou dat jy sommer baie verlig en tevrede sal voel as jy hierdie oefening afgehandel en jou kop skoongemaak het.


David Allen se boek, Getting things done, is die beste hulpmiddel wat ek al gevind het om jou te help om al jou verpligtinge na te kom. Klik hier  om 'n kort opsomming van die boek af te laai, asook nog wenke oor hoe om seker te maak dat jou "ja" altyd "ja" beteken.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Time Management Principles From God’s Word

Voel jy gefrustreerd omdat daar nie meer as 24 ure in 'n dag is nie? Is jy oorweldig deur al die projekte wat op jou taaklysie is? Is jy moeg daarvoor om nie genoeg tyd te hê om in die Woord van God of met jou vriende en...

More

Baie dankie aan Jordan Raynor wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.jordanraynor.com/time/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid