Leesplan inligting

Tydbestuur Beginsels uit die Woord van GodVoorbeeld

Time Management Principles From God’s Word

DAG 1 VAN 6

Ons Tydsbestuur Probleem


Baie mense soek by my raad hoe om hulle tyd te bestuur. Nie omdat ek alles omtrent die onderwerp weet nie, maar omdat ek so baie ondervinding het oor hoe om al die produktiewe aktiwiteite in my lewe te balanseer. Ek dien as besturende direkteur van 'n tegnologie projek, ek is ook 'n skrywer en doen ook my bes om ander gelowiges te help om die evangelie in hulle werkplek uit te leef. Tuis is ek 'n man en 'n pa van twee wonderlike dogters, onder die ouderdom van drie jaar. My lewe is baie vol, om die minste te sê. Net deur God se genade kan ek alles "bestuur" en selfs nog elke nag 7 tot 8 ure se slaap inkry.


Om my tyd goed te bestuur het 'n obsessie by my geword. Hoekom? Die Bybel herinner my herhaaldelik daaraan dat ons lewens 'n damp is wat verskyn en weer vinnig verdwyn. (Jakobus 4:14) God het my en jou met 'n rede op aarde geplaas: om Hom en ander lief te hê, en om dissipels te maak. Ons is hier vir 'n doel. Ons is nie geskape om net doelloos rond te sit en wag vir die ewigheid nie. Ons moet betrokke raak in die wêreld, kulture skep, ander se nood raaksien en hulle dien. God het ons geroep om saam met Hom te werk om die wêreld te red. 


As jy na die omvang van daardie opdrag kyk en besef hoe die tyd aanstap, behoort ons die mees doelgerigte mense op die planeet aarde te wees. Ons behoort met 'n dringende bewustheid te lewe en die beste te maak van elke kosbare oomblik wat ons gegun word. Dis hoekom jy hierdie oordenking lees! Oor die volgende paar dae sal ons saam in die Woord van God delf om 'n paar tydsbestuur riglyne te ontdek. Ek moet jou waarsku dat dit nie 'n maklike proses is nie. As dit so maklik was, sou ons nie telkens hierdie probleem gehad het nie. Uiteindelik, hang suksesvolle tydsbestuur van ywer en dissipline af. (Spreuke 21:5) Soos jy sal agterkom, om met jou tyd gedissiplineerd te wees, sal jou help om tyd beskikbaar te hê om namens ons Here en Verlosser, 'n groot bydrae in die wêreld te maak. Is jy gereed om die beste te maak van die beperkte tyd wat die Here jou gegee het? Kom ons begin!


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Time Management Principles From God’s Word

Voel jy gefrustreerd omdat daar nie meer as 24 ure in 'n dag is nie? Is jy oorweldig deur al die projekte wat op jou taaklysie is? Is jy moeg daarvoor om nie genoeg tyd te hê om in die Woord van God of met jou vriende en...

More

Baie dankie aan Jordan Raynor wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.jordanraynor.com/time/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid