Leesplan inligting

Tydbestuur Beginsels uit die Woord van GodVoorbeeld

Time Management Principles From God’s Word

DAG 4 VAN 6

Bepaal Wat Noodsaaklik Is


In Lukas 10, vandag se Skrifgedeelte, word Marta oor die vingers getik. Is ons nie maar almal Marta's wat van tyd tot tyd sukkel om te besluit watter take meer belangrik en minder belangrik is nie? Iemand moes tog die ete voorberei. Ek is seker dat Jesus Marta se gasvryheid opreg waardeer het. Dit was nie die feit dat die ete nie so belangrik was nie. Jesus het dit net beklemtoon dat dit nie dié belangrikste ding op daardie tydstip was nie. Dit was belangriker dat Marta en Maria na Jesus se onderrig moes luister.


Soos ons gister ontdek het, is dit nodig dat ons verpligtinge nakom en projekte afhandel as deel van ons tydsbestuur. As jy eers al jou verpligtinge en take gelys het, moet jy die noodsaaklikes uitsoek. Om dit te kan doen moet jy presies weet waarvoor God jou op hierdie tydstip in jou lewe roep. Met daardie geheelbeeld en doelwitte in gedagte, vra jouself af: "Wat is die één ding, wat as dit afgehandel is, al my ander projekte makliker en meer betekenisvol sal maak?" Daardie antwoord is die belangrikste ding waarop jy moet fokus. Laat al die ander goed eers wag, totdat hierdie spesifieke taak afgehandel is. Herhaal dan hierdie proses.


Terwyl ek my vorige boek Called to Create geskryf het, was ek oorweldig deur alles wat moes plaasvind om dit te bemark. Ek moes 'n agent kry, dit aan 'n uitgewer verkoop, onderhoude voer, 50 000 woorde skryf, 'n platform vir die boek in die mark skep, en vele meer. Ek het reeds aan die begin geweet dat ek niks sou kon regkry as ek nie 'n agent kon kry nie. Dit was dus my belangrikste taak. Ek het alles laat staan totdat ek 'n agent gevind het.


Dit is so dat min take en projekte op enige gegewe tyd regtig noodsaaklik is. Leer die gewoonte aan om eers die twee of drie noodsaaklikste te identifiseer en fokus daarop totdat dit afgehandel is.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Time Management Principles From God’s Word

Voel jy gefrustreerd omdat daar nie meer as 24 ure in 'n dag is nie? Is jy oorweldig deur al die projekte wat op jou taaklysie is? Is jy moeg daarvoor om nie genoeg tyd te hê om in die Woord van God of met jou vriende en...

More

Baie dankie aan Jordan Raynor wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.jordanraynor.com/time/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid