Leesplan inligting

Tydbestuur Beginsels uit die Woord van GodVoorbeeld

Time Management Principles From God’s Word

DAG 5 VAN 6

Beplan Elke Dag


Dis geen geheim dat jy met jou finansies suksesvol sal wees as jy eers beplan waar jy jou geld gaan spandeer, voordat dit in jou bankrekening is nie. Ons moet net so gedissiplineerd wees wat ons tyd betref. Ons kan nie meer tyd kry soos wat ons meer geld kan kry nie, dus moet ons ons ure beter as ons geld bestuur.


As jy Jesus se voorbeeld gevolg het soos dit in dag twee se leesstuk aangeteken is, sou jy duidelike grense gestel het oor die hoeveelheid tyd wat jy vir elke dag toegeken het om produktief te wees. Na al hierdie stappe is dit nou tyd om meer spesifiek te wees oor hoe jy elke uur van elke dag gaan benut. Ek hou baie van Jesus se woorde in Lukas 14:28: "Wie van julle wat 'n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te sien of hy genoeg geld het om die werk te voltooi nie?" Die manier waarop ons die "koste bereken" van ons produktiewe aktiwiteite, is deur ons tydsbestuur sodat ons genoeg tyd het om ons verpligtinge na te kom.


Wat is die praktiese implikasie hiervan? Ek wy die laaste 30 minute van elke dag daaraan om die belangrikste take en projekte te identifiseer wat ek die volgende dag wil aanpak en ken dan 'n spesifieke tyd daaraan toe, sodat ek dit, en al die ander goed in my dagboek kan voltooi. Deur dit te doen kan ek die volgende oggend by my lessenaar gaan sit sonder om tyd te mors deur te dink wat ek volgende gaan doen nie. Ek het dít al die vorige aand besluit. Nou moet ek dit net uitvoer.


Regdeur Spreuke sê God dat dit wys is om te beplan hoe om ons tyd en geld te bestuur. As jy jou dae beplan, moet jy realisties wees oor hoeveel jy in 24 uur gedoen kan kry. Ons menslike natuur is om te dink ons kan meer gedoen kry as wat moontlik is. As jy hiervan bewus is, sal jy beter besluite kan neem wanneer jy jou tyd beplan. Dis beter om tyd aan die einde van 'n dag oor te hê as om nie alles gedoen te kry nie. 


Hou Jesus se waarskuwing in Lukas 14:29-30 in gedagte: "As hy die fondament gelê het en nie in staat is om die gebou te voltooi nie, sal almal wat dit sien, met hom die spot begin dryf. Hulle sal sê: 'Hier is 'n man wat begin bou het maar nie kon klaar maak nie.'" Om nie te doen wat ons gesê het ons gaan doen nie, is skadelik vir ons getuienis aan die wêreld. Beplan jou tyd goed sodat jy kan klaarmaak waarmee jy begin het.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Time Management Principles From God’s Word

Voel jy gefrustreerd omdat daar nie meer as 24 ure in 'n dag is nie? Is jy oorweldig deur al die projekte wat op jou taaklysie is? Is jy moeg daarvoor om nie genoeg tyd te hê om in die Woord van God of met jou vriende en...

More

Baie dankie aan Jordan Raynor wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.jordanraynor.com/time/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid