Leesplan inligting

Vas soos DaniëlVoorbeeld

Fast Like Daniel

DAG 1 VAN 21

Afdeling 1: Nederig


Honger na God


Ek is baie bly dat jy hierdie leesplan, hoe om soos Daniël te vas, gekies het. Ek is regtig nie 'n kenner wat vas betref nie. Ek hou nie eens daarvan om te vas nie! Die "Daniël vas" was egter vir meer as 10 jaar al 'n beduidende deel van my lewe en het my gehelp om nader aan God te kom en ongelooflike deurbrake te ondervind.



Jy het dalk nog nooit voorheen gevas nie. Dis in orde. Ek was aanvanklik ook nie regtig daaraan toegewy nie — ek het net hier en daar gevas — en geensins enige geestelike hernuwing ervaar nie. Dit het net meer as 10 jaar gelede verander. Terwyl ek 'n kampus prediker vir Life.Church was, het 'n charismatiese lid van my span die "Daniël vas" aan ons voorgestel en ons het dit as 'n span aangepak.



Dit was absoluut wonderlik! Sedertdien neem my gesin elke jaar aan die "Daniël vas" deel en elke jaar het dit ons gehelp om geestelik te groei, nader aan God te kom en ongelooflike deurbrake te sien. 



Ek kan jou nie belowe dat jy presies dieselfde ondervinding sal hê nie, maar ek kan dít sê: "Niemand wat ek ken en wat deelgeneem het aan die vas en nader aan God gekom het, het nié iets positiefs in hulle lewens sien gebeur nie. Om jouself toe te wy, met God kontak te maak, te bid en Bybel te lees en toe te pas wat jy geleer het en wat God vir jou sê, sal altyd positiewe vrugte dra! 



Vandag se leesstuk stel ons aan Daniël bekend, die man wat gereeld gevas het. Daniël en die ander jong leiers van Israel is gevange geneem en na Babilon toe weggevoer toe hulle nog maar tieners was. Hoe dink jy sou jy dit hanteer om so ver van jou tuiste, jou familie en waardestelsel geneem te word? Daar word jy opgelei om die vreemde kultuur van die opwindendste, gesofistikeerdste — en mees Goddelose — land in die wêreld te aanvaar?



Ek weet nie hoe ek sou reageer nie, maar Daniël en sy vriende was MEER HONGER NA GOD as vir die koning se kos. Hulle het verkies om die oorvloed van Babilon te verwerp en eerder God se seëninge te ontvang.



Ons kan dieselfde keuse maak. As ons dit doen, sal ons God se proses van herskepping sien werk, wat dinge soos liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing in ons lewens voortbring. 



Kyk 'n bietjie hierna, www.fastlikedaniel.com, vir meer besonderhede oor Daniël se vas en bronne soos ons "Companion Guide" met oulike resepte, wenke, idees en om meer te leer oor hoe jy hierdie geestelike gewoonte tot jou lewe kan byvoeg om meer plek vir God te maak. Jy kan ook 'n kopie van die volledige Vas soos Daniël oordenking hier kry. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Fast Like Daniel

Laat ek nou maar eerlik wees, ek hou nie van vas nie! Dis nie pret om van jou geliefkoosde kos en die gemaklike leefstyl wat jy handhaaf, afstand te doen nie. Ek hou dalk nie van vas nie, maar ek hou baie van die resulta...

More

Baie dankie aan Scott Williams wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.fastlikedaniel.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid