Leesplan inligting

Vas soos DaniëlVoorbeeld

Fast Like Daniel

DAG 5 VAN 21

In sy Naam


Het jy al ooit daaraan gedink hoe ons ons gebede beëindig? Christene gebruik dikwels "in die Naam van Jesus" aan die einde van hul gebede, sonder om te wonder wat hulle eintlik sê — of wat dit beteken.



Veronderstel jy het vir Bill Gates geken en hy het baie van jou gehou — jou vertrou. Veronderstel hy het vir jou sy stigting se kredietkaart gegee en gesê: "Gebruik dit om 'n paar goeie dinge in my naam te gaan doen!" Jy sou die gesag van sy naam dra, omdat sy naam op die kaart aan jou die mag gee om dinge te koop. Jy sou sê: "Ek befonds hierdie weeshuis in Bill Gates se naam" en die geld sou uit sy rekening na die weeshuis gaan. SO MAKLIK sou lewens verander word.



Jesus het vir ons SY Naam nagelaat en al die gesag wat daarmee saamgaan — en dis baie groter as Bill Gates se naam. Ons is egter nie veronderstel om dit na eiewil te gebruik nie; ons is veronderstel om dit te gebruik om sy wil te doen. Jesus het ons só leer bid: "Laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel," en Hy het gesê as ons enigiets volgens sy wil vra, sal God die Vader dit doen.



As jy nie absoluut verbaas is terwyl jy daaroor dink nie, behoort jy te wees. Dit behoort jou verstand te bowe te gaan — en jou nederig te hou. Hy wil hê jy moet deel wees van alles wat Hy op aarde doen — om sy wil te leer ken en dan uit te gaan en te help om dit te laat gebeur, deur jou dade en jou gebede.



Die volgende keer wanneer jy bid, hoop ek jy dink daaroor en dat dit jou knieë lam maak. Die Naam van Jesus is joune en sy gesag is aan jou gegee om sy wil op aarde te doen. Jy het Jesus se kredietkaart en daar is nie 'n beperking op wat Hy kan doen nie!!!



Gebruik jy dit in nederigheid om kragtige gebede te bid? Gebruik hierdie vastyd soos Daniël en laat toe dat die gewig en betekenis van die Naam van Jesus by jou insink — en laat dit jou inspireer om uit te gaan en sy Naam te gebruik om die wêreld te verander! 



Die Naam van Jesus laat blindes sien en stel die gevangenes vry, en ons kan daardie selfde krag bekom deur in sy Naam te vas en te bid. Nadat jy gelees het hoe Jesus ons geleer het om te bid, gaan dan in sy Naam uit — en verander die wêreld!


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Fast Like Daniel

Laat ek nou maar eerlik wees, ek hou nie van vas nie! Dis nie pret om van jou geliefkoosde kos en die gemaklike leefstyl wat jy handhaaf, afstand te doen nie. Ek hou dalk nie van vas nie, maar ek hou baie van die resulta...

More

Baie dankie aan Scott Williams wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.fastlikedaniel.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid