Leesplan inligting

Vas soos DaniëlVoorbeeld

Fast Like Daniel

DAG 9 VAN 21

Bepaal Wat Jou Oorwinning Is  


Wat behels "oorwinning" vir jou? Het jy al ooit rustig nagedink oor wat sukses in jou huidige omstandighede vir jou sal wees? Jy gaan vandag lees dat sukses vir Daniël beteken het om aan die lewe te bly — of het dit meer ingehou? 



Die koning het 'n droom gehad en niemand kon vir hom sê wat dit beteken nie. Hy het besluit sy "sterrekykers" moes sterf as hulle nie vir hom kon vertel wat hy gedroom het en wat dit beteken nie.



Wat het Daniël gedoen? Was hy paniekerig? Het hy probeer ontsnap of 'n rebellie georganiseer? Nee, Daniël bly kalm, vind uit wat aan die gang is en bid en vertrou dan op God. Net soos hy altyd maak. Hy het die waagmoed om na die koning te gaan en om meer tyd te vra. Dan bid hy spesifiek dat God genadig sal wees en die geheim van die koning se droom aan hom verduidelik.



Wat dink jy doen God toe? Ek sal jou 'n leidraad gee — Hy gee vir Daniël "oorwinning", maar meer as net vir hom. GOD kry die eer.



NET SO! Wonderlik! Dit is nou ware sukses. God bevorder Daniël deur middel van hierdie gebeurtenis en hy doen meer as net om te oorleef. Hy floreer — 'n gevangene in 'n vreemde land — en al die eer behoort aan God.



Vir watter "oorwinning" bid jy op die oomblik? Bid jy dat God jou lewe makliker moet maak? Om jou "sukses" te gee volgens die wêreld se standaarde? Of bid jy dat jy God se verteenwoordiger vir die mense om jou in jou alledaagse lewe kan wees — sodat HY die eer kan ontvang?



Wanneer jy spesifieke gebede volgens God se beskrywing vir oorwinning en sukses bid, plaas jy jouself in die regte posisie om kragtige antwoorde op jou gebede te ontvang. 



David Green, die hoofbestuurder van Hobby Lobby, wat 'n gelowige man is, stel dit so: "God roep ons elkeen om iets te doen. Die Bybel het dit alreeds aan jou oorgedra ... Jou werk is om getrou te wees aan enige iets wat God op jou pad plaas."



Daniël het God se standaarde gekies en dit het hom in die posisie geplaas om die koning se droom uit te lê toe niemand anders dit kon doen nie. God het geweet dat hy nederig was en enige iets sou doen wat Hy van hom vra, dus was God in staat om kragtig op te tree deur middel van Daniël se nederige oortuiging. Dit het 'n reeks geleenthede teweeg gebring vir Daniël se sukses om God te eer.



Hoe sou Hy in jou lewe wou werk? Watter oorwinning wil Hy vandag vir jou gee?  


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Fast Like Daniel

Laat ek nou maar eerlik wees, ek hou nie van vas nie! Dis nie pret om van jou geliefkoosde kos en die gemaklike leefstyl wat jy handhaaf, afstand te doen nie. Ek hou dalk nie van vas nie, maar ek hou baie van die resulta...

More

Baie dankie aan Scott Williams wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.fastlikedaniel.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid