Leesplan inligting

Vas soos DaniëlVoorbeeld

Fast Like Daniel

DAG 7 VAN 21

In die Geheim


Weet almal dat jy vas — omdat jy talle kere teenoor hulle daaroor gekla het? Dit herinner my aan die grappie wat ek gehoor het: Hoe sal jy weet as een van jou vriende 'n vegetariër is? 



Maklik — hulle sal jou vertel.



Op 'n ernstiger noot; die meeste van my vriende wat passievol is oor 'n dieet of leefstyl, soos om 'n vegetariër te wees, vertel gou vir almal daarvan. Ek is nie seker of hulle spog, nog iemand wil oortuig, of altwee nie, maar wat dit ook al is, hulle bly selde daaroor stil.



Jy dink dalk dat ons veronderstel is om net so op te tree as ons vas, maar in vandag se leesstuk gaan Jesus vir ons die teenoorgestelde sê — dat ons nie veronderstel is om ons vastyd te verkondig nie, maar dit net tussen ons en die Here te hou. 



Beteken dit dus dat ons dit nie op sosiale media kan plaas nie? Nie noodwendig nie, veral as jy dit in 'n groep doen, saam met vriende of as 'n kerk. 



Dis wat Jesus eintlik bedoel het: die godsdienstiges van daardie dae het daarvan gehou om te spog. Hulle het hulself ten toon gestel as heilig en besig om te vas. "Haai, kyk," sou jy sê, "hy is so 'n heilige man en lyk so ellendig van vas."



Jesus het egter dié soort vas veroordeel wat God en mense se guns deur middel van 'n vroom vertoon van 'n uiterlike godsdiens gesoek het. Jesus het, in teenstelling daarmee, mense geleer wat regtig belangrik is vir die verborge werk wat God in ons harte doen. Jesus het mense geleer dat dit nie van belang is wat ons in die uiterlike doen nie, maar wat Hy besig is om in ons binneste te doen.



Wil jy vir Hom ruimte gee om te werk? Jy moet ruimte SKEP. Om te vas, is hoe ons vir Hom ruimte in ons lewens maak en in plaas daarvan om vir ander mense te wys hoe vroom ons is, gaan dit oor die veranderinge wat God besig is om in ons binneste te doen terwyl ons tyd met Hom deurbring. 



Dit is waar van elke geestelike oefening — Bybel lees, gebed en al die ander dissiplines. As jy dit net doen sodat jou "goeie Christen"-masker beter lyk, misgis jy jouself. 



Dit gaan nie oor vertoon nie, maar oor groei. Om te vas, handel nie oor hoeveel ons wys nie, dit gaan oor hoeveel ons groei. As jy iets op sosiale media plaas om iemand anders te help om te groei, deur hulle aan te moedig, is dit goed so. As dit nie die geval is nie, hou dit tussen jou en God — en kyk wat Hy in die geheim uitrig. 


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Fast Like Daniel

Laat ek nou maar eerlik wees, ek hou nie van vas nie! Dis nie pret om van jou geliefkoosde kos en die gemaklike leefstyl wat jy handhaaf, afstand te doen nie. Ek hou dalk nie van vas nie, maar ek hou baie van die resulta...

More

Baie dankie aan Scott Williams wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.fastlikedaniel.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid