Leesplan inligting

Vas soos DaniëlVoorbeeld

Fast Like Daniel

DAG 2 VAN 21

Kragspel  


Om soos Daniël te vas, is nie net 'n geestelike gewoonte vir my nie: dis 'n heel nuwe denkwyse! Ek herinner myself aan hoe God se kinders regdeur die Bybel kragtige gebede gebid het. Hulle het nederig, spesifiek en met deursettingsvermoë en 'n verwagting gebid. 



Eenvoudig gestel: nederige gebede is kragtige gebede! Wanneer ons opsy staan en God toelaat om namens ons te bid, in plaas daarvan om vir Hom 'n taaklysie te gee, laat ons toe dat ons wonderlike dinge uit sy hand kan ervaar. Nederigheid is 'n kragtige bron vir Christene! 



Om te vas maak jou nederig. Dink daaroor na — jy kies om jouself van kos, wat 'n basiese menslike behoefte is, te ontsê, om jouself aan God te onderwerp. Dis nederigheid. Dit haal jou van die troon van jou lewe af en plaas Hom daarop.



Die koning van Babilon het dit nie verstaan nie. In vandag se Skrifgedeelte word Daniël na die koning gebring om die skrif teen die muur te lees, wat die einde van die koning se koningskap aangekondig het. Die koning het homself bo God se mag verhef en God sou die magshonger man tot 'n einde bring. 



Wil jy God se krag hê? Gaan in nederigheid op jou knieë voor Hom! Ons sien hoe sy krag werk om lewens te verander, gebrokenes te herstel, wysheid te gee en vryheid te bewerkstellig, wanneer ons opsy staan, besef dat dit nie oor ons gaan nie en onsself voor 'n almagtige God verneder.



In die wêreld moet jy vandag mag verdien of vat, as jy dit wil hê. Dit werk nie so in God se koninkryk nie. As jy bonatuurlike krag wil hê, moet jy vir God daarvoor vra. Hoe het God se kinders deur die geskiedenis daarvoor gevra? Deur vas en gebed.



Wanneer ons sondig, soos om trots te wees op onsself, kan ons ver van God af voel. Dit kan voel asof ons 'n deelnemer in die kompetisie van "The Voice" is en hoop dat God die groot, rooi knop sal druk en sy stoel sal omdraai om gunstig teenoor ons op te tree. Die waarheid is dat God nooit beweeg nie — want Hy verlaat ons nooit nie en Hy het alreeds die groot, rooi knop vir ons gedruk! Vas en gebed is die manier waarop ons plek in ons lewens maak sodat ons sy herskeppende krag kan ondervind.



As jy ver van Hom af voel en wil hê dat sy krag jou lewe geheel en al moet verander, soos die wêreld se beste huisrestourasie, is dit tyd om Hom in nederige vas en gebed na te jaag. As jy wil sien hoe Hy kragtig beweeg, gaan op jou knieë en plaas Hom op die troon van jou lewe.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Fast Like Daniel

Laat ek nou maar eerlik wees, ek hou nie van vas nie! Dis nie pret om van jou geliefkoosde kos en die gemaklike leefstyl wat jy handhaaf, afstand te doen nie. Ek hou dalk nie van vas nie, maar ek hou baie van die resulta...

More

Baie dankie aan Scott Williams wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.fastlikedaniel.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid