Leesplan inligting

Die Invloed Van die Heilige SkrifVoorbeeld

The Impact Of Scripture

DAG 1 VAN 15

Die Heilige Skrif is kragtig.



Watter ander verduideliking kan daar wees vir die verstommende en unieke rol wat die Bybel in die verloop van die mensdom se geskiedenis gespeel het? Hierdie topverkoper Boek, het regoor die wêreld harte en lewens verander waar dit ook al verskyn het. Daar is so baie dinge omtrent die Bybel wat wys op die feit dat dit inderdaad die Woord van God is.



Die feit is dat mense gesterf het om die Bybel in hulle eie taal te vertaal en te lees. Die feit is dat mense gesterf het om dit onwettig oor grense te smokkel. Die feit is, ongeag watter struikelblokke ook al in die pad daarvan gekom het, die Bybel se boodskap aan hierdie wêreld nie onderbreek word nie.



Vandag se Skrifgedeelte wys hoekom dit so is. Deur die profeet Jesaja, sê God vir ons hoekom — omdat die Bybel die krag het om die doel te vervul waarvoor God dit in ons lewens ingebring het. Die Bybel slaag altyd in sy doel. Dit dra altyd vrug. Dit floreer altyd en is voorspoedig waarheen God dit stuur. Net soos God se gesproke woord in Genesis die krag gehad het om die heelal te skep, net so het sy geskrewe Woord die krag om nuwe lewe te skep in die harte van diegene wat glo in die waarheid van die Bybel.



Hierdie Bybelleesplan is ontwerp om jou te help om hierdie krag in jou lewe te ontgin. Jy sal verken wat in die Bybel daaroor staan en die impak daarvan op diegene wat daarin glo. En hopelik, namate jy 'n gewoonte kweek om dit daagliks te lees, sal jy begin om die uitwerking en impak van die skriftuurlike waarheid in jou eie lewe te ervaar.



Praat met God: Vader, ons dank U vir die geskenk van u geskrewe Woord. Help my asseblief om U te hoor namate U deur die geskrewe Woord met my praat. Help my om die krag van u Woord op 'n persoonlike vlak te ervaar terwyl ek deur hierdie plan lees. Ek bid dit in die Heilige Naam van Jesus. Amen.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Impact Of Scripture

Wat het die Bybel te sê oor die Bybel? Wat het 'n antieke boek vir die moderne mens te sê? Hierdie Life.Church leesplan ondersoek die invloed wat die Skrif in jou alledaagse lewe kan hê met Skrifgedeeltes wat beklemtoon ...

More

Hierdie leesplan is geskep deur Life.Church en in ander tale vertaal in samewerking met Wycliffe Bible Translators (www.wycliffe.org), 'n organisasie wat daartoe verbind is om die Woord van God te bring aan gemeenskappe wat nog daarvoor wag.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid