Leesplan inligting

Die Invloed Van die Heilige SkrifVoorbeeld

The Impact Of Scripture

DAG 9 VAN 15

Die Skrif Suiwer Ons.



God se standaard van heiligheid is onmoontlik om te bereik sonder die krag van sy genade. Dwarsdeur die Ou Testament het God se volk probeer om die streng reëls oor was en reinheid te handhaaf. Dit is moeilik om te dink hoeveel moeite in die ou kulture gedoen is om net skoon te bly, en hoe nutteloos hul pogings soms moes gelyk het.



Om skoon, wit wasgoed sonder vlekke of plooie te sien, moes inderdaad skaars gewees het. In vandag se gedeelte sien ons egter dat al die werk en moeite van ons na Christus oorgedra word. Dit is Jesus en sy werk vir ons aan die kruis wat hierdie soort volmaaktheid kan bereik. Dis die voortdurende vloei van God se woorde van waarheid en genade wat oor ons harte spoel, wat ons help om te vertrou op sy werk wat ons reinig. Jesus het ons só lief. Die kruis maak dit duidelik. Dit is egter nie die einde van sy werk in ons lewens nie.



Net soos die sorg en ondersteuning van 'n man na die troue moet voortduur, gaan die voortgesette werk van Christus se liefde in ons harte daagliks voort. Sy Woord openbaar ons sonde aan ons. Sy Woord kan ons wys wat Hy wil hê ons met ons lewens moet doen. In reaksie op sy liefde, en uit 'n gesonde eerbied vir Hom, en omdat ek Hom liefhet, kan ek kies om te doen wat reg is.



Praat met God: Here Jesus, baie dankie vir die werk wat U vir my aan die kruis gedoen het deur my hart skoon te was van die vlekke van sonde. Ek verbind my om onder die reinigende krag van u Woord te bly. Ek wil myself aan U voorstel sonder dat daar nog 'n spoor van sonde in my oor is. Was my met die water van u Woord terwyl ek my daartoe verbind om daagliks die Bybel te lees. Ek bid dit in u Naam, amen.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

The Impact Of Scripture

Wat het die Bybel te sê oor die Bybel? Wat het 'n antieke boek vir die moderne mens te sê? Hierdie Life.Church leesplan ondersoek die invloed wat die Skrif in jou alledaagse lewe kan hê met Skrifgedeeltes wat beklemtoon ...

More

Hierdie leesplan is geskep deur Life.Church en in ander tale vertaal in samewerking met Wycliffe Bible Translators (www.wycliffe.org), 'n organisasie wat daartoe verbind is om die Woord van God te bring aan gemeenskappe wat nog daarvoor wag.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid