Leesplan inligting

Die Invloed Van die Heilige SkrifVoorbeeld

The Impact Of Scripture

DAG 6 VAN 15

Die Skrif is Bruikbaar.



Hierdie verse vertel ons dat die hele Skrif deur God geïnspireer is. Deur dosyne skrywers oor duisende jare, praat God direk met ons op 'n manier wat heeltemal van toepassing is op ons moderne lewens. Alhoewel die hele Skrif deur God geïnspireer is, is die hele Skrif nie noodwendig relevant en van toepassing op jou lewe nie. Namate jy deur die Bybel lees, sal jy beslis dele teëkom wat nie 'n vuur van wysheid aansteek of begrip bring hoe dit jou lewenswyse sal verander nie.



Ander gedeeltes sal soos 'n dierbare vriend word na wie jy telkens terugkeer. Daar is niks verkeerd daarmee dat Kolossense vir jou groei as gelowige meer bruikbaar as Obadja lyk nie. Namate jou verhouding met God groei, sal jy verbaas wees hoe selfs 'n lukrake gedeelte soos 'n geslagsregister, gevegstrategie of 'n eienaardige spreekwoord op een of ander manier lig kan werp op iets waardeur jy gaan. Deur die antieke voorbeelde van die mense in die Bybel kan ons leer oor gevolge van moderne optredes. Die Bybel kan ons veroordeel, ons lei, ons voorberei en bemagtig om elke dag meer en meer soos Jesus te lewe.



Hoe sal jy vir God toelaat om dit in jou lewe te gebruik? Die volgende paar dae van hierdie leesplan beklemtoon die verskillende rolle wat die Skrif in ons lewens kan speel as ons dit toelaat om in ons te werk.



Praat met God: Here, ek dank U vir die rol wat u Woord in my lewe gespeel het. Ek sien uit na al die maniere waarop dit in my sal bly werk. Help my selfs in die tye wanneer u Woord moeilike regstelling of veroordeling meebring, om die werk daarvan in my te waardeer. Here, berei my voor om te lewe soos U my lei deur die voorbeeld van die Bybel. In die Naam van Jesus, amen.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

The Impact Of Scripture

Wat het die Bybel te sê oor die Bybel? Wat het 'n antieke boek vir die moderne mens te sê? Hierdie Life.Church leesplan ondersoek die invloed wat die Skrif in jou alledaagse lewe kan hê met Skrifgedeeltes wat beklemtoon ...

More

Hierdie leesplan is geskep deur Life.Church en in ander tale vertaal in samewerking met Wycliffe Bible Translators (www.wycliffe.org), 'n organisasie wat daartoe verbind is om die Woord van God te bring aan gemeenskappe wat nog daarvoor wag.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid