Leesplan inligting

Die Invloed Van die Heilige SkrifVoorbeeld

The Impact Of Scripture

DAG 3 VAN 15

Die Skrif is Lewend.



Dit maak nie saak hoeveel keer jy dieselfde vers, dieselfde gedeelte of selfs die hele Bybel lees nie, jy sal die openbaring van nuwe waarhede en insigte ervaar wat jy nog nooit daar gesien het nie. God gebruik sy geskrewe Woord om vandag direk met ons te praat. Wanneer jy begin lees en die Skrif bestudeer met 'n uitnodiging aan God om met jou te praat, kan dit so toepaslik word vir jou situasie, omstandighede en emosies dat dit voel asof dit tot diep in jou siel sny. Stel jou voor dat God elke bladsy as 'n liefdesbrief aan sy kinders skryf, en dit jou net so gelukkig maak soos wanneer jy 'n persoonlike, handgeskrewe briefie van 'n dierbare vriend kry.



Wat moet jy van God hoor? Watter leiding het jy van Hom nodig? Watter seer, sonde, vrees, skande of skuld skuil diep in jou siel wat sy Woord kan openbaar en genees? Terwyl jy die vers van vandag lees en daaroor nadink, staan ook tyd af om God te vra om jou siel te deurdring en die krag van sy Woord duidelik met jou te laat praat.



Praat met God: O Vader, soms probeer ek so hard om my hart te bewaak dat niemand my diepste gedagtes en begeertes kan sien nie, maar vandag maak ek my hart gewillig oop vir u Woord. Praat met my. Openbaar enigiets in my wat U aanstoot gee. Ek nooi U uit om elke keer as ek u Woord lees, op vars maniere met my te praat. Ek bid dit in die Naam van Jesus, amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Impact Of Scripture

Wat het die Bybel te sê oor die Bybel? Wat het 'n antieke boek vir die moderne mens te sê? Hierdie Life.Church leesplan ondersoek die invloed wat die Skrif in jou alledaagse lewe kan hê met Skrifgedeeltes wat beklemtoon ...

More

Hierdie leesplan is geskep deur Life.Church en in ander tale vertaal in samewerking met Wycliffe Bible Translators (www.wycliffe.org), 'n organisasie wat daartoe verbind is om die Woord van God te bring aan gemeenskappe wat nog daarvoor wag.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid