Leesplan inligting

Die Invloed Van die Heilige SkrifVoorbeeld

The Impact Of Scripture

DAG 2 VAN 15

Die Skrif is Toeganklik.



Ons leef in so 'n heerlike tyd om met die Skrif om te gaan. Baie van ons kan die Bybel in ons eie taal op 'n handtoestel lees waar ons ook al gaan. Vir baie geslagte het mense gedrukte Bybels gehad wat hulle oral kon saamneem, maar die vervoer van Bybels van een plek na 'n ander kon duur en selfs gevaarlik wees.



Vandag se verse gaan oor voortdurende, nag-en-dag meditasie, oral waar jy gaan. Eeue lank, nog voordat mense hulle eie eksemplare van die Skrif gehad het wat hulle oral kon saamneem, was die Skrif nog steeds toeganklik deur mondelinge oorlewering, memorisering en meditasie. Hierdie soort betrokkenheid kan soveel kragtiger wees as om net 'n toestel in jou sak te hê of toegang tot 'n webwerf. Dan dra jy eintlik die Woord van God binne-in jou, nie net by jou nie. Om dit altyd, oral by jou te hê — in jou sak en op jou mobiele toestel — maak maklike toegang beslis moontlik. Die verse wat ons vandag lees, herinner ons egter daaraan, eers nadat ons werklik aan die Woord van God aandag gee, dit ons eie maak, daaroor nadink en dit gehoorsaam, wat dit ons siele vernuwe en lewend maak.



Praat met God: Here God, help my om u Woord iets te maak wat ek binne my dra, nie net saam met my nie. Ek verbind my daartoe om oor u Woord te mediteer, dit te memoriseer en met ander te deel. Laat u woorde van wysheid en genesing hul werk in my hart doen. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Impact Of Scripture

Wat het die Bybel te sê oor die Bybel? Wat het 'n antieke boek vir die moderne mens te sê? Hierdie Life.Church leesplan ondersoek die invloed wat die Skrif in jou alledaagse lewe kan hê met Skrifgedeeltes wat beklemtoon ...

More

Hierdie leesplan is geskep deur Life.Church en in ander tale vertaal in samewerking met Wycliffe Bible Translators (www.wycliffe.org), 'n organisasie wat daartoe verbind is om die Woord van God te bring aan gemeenskappe wat nog daarvoor wag.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid