Leesplan inligting

Die Invloed Van die Heilige SkrifVoorbeeld

The Impact Of Scripture

DAG 4 VAN 15

Die Skrif is Betroubaar.



Oor die jare is daar baie bewerings gemaak dat die Bybel nie regtig is wat dit sê nie. Dit is nie regtig die Woord van God nie. Dit bevat foute. Daar is teenstrydighede. Dit is verouderd en nie meer toepaslik nie. Dit kan nie regtig vertrou word nie. Tog bestaan die Bybel nog steeds regdeur die geskiedenis en bly dit die mees invloedryke boek van alle tye.



Daar is een manier waarop jy self kan weet of die Bybel betroubaar is. Begin lees dit. Bestudeer dit self kyk of dit wat jy daar lees, strook met wat God daardeur vir jou sê. Moenie net die een of ander webjoernaal lees wat probeer om die Bybel se geloofwaardigheid in twyfel te trek deur gedeeltes uit konteks aan te haal en dit as bewys vir onaanvaarbaarheid voor te hou nie. Gaan self deur die Bybel. Kyk of die krag en gesag van God se stem nie duidelik vir jou begin deurkom nie.



Vra God om jou te help om Hom te vertrou, selfs deur die moeilike dele wat so teenstrydig is met ons moderne kulturele sedes of aannames. As jy 'n gedeelte teëkom waarin God anders lyk as jou idees oor Hom, vra Hom om jou te help om Hom te vertrou in sy ingewikkelde en volkome Goddelike aard. God maak baie beloftes aan ons in sy Woord. Een daarvan is dat diegene wat Hom met hul hele hart soek, Hom sal vind. Gebruik dus die Bybel om Hom te leer ken. Eerder as om jou geloof uit te daag, kan die Bybel 'n skild word wat jou geloof beskerm en versterk.



Praat met God: Oppermagtige God, U is soveel meer as wat ek kan begryp. U is selfs soveel meer as wat enige boek ten volle kan weergee. Help my om U deur u Woord te soek. Help my om U te vertrou namate ek die betroubaarheid van die Bybel aanvaar. Laat my vertroue en geloof in U groei namate ek u geskrewe Woord bestudeer en ondersoek. In die Naam van Jesus, amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Impact Of Scripture

Wat het die Bybel te sê oor die Bybel? Wat het 'n antieke boek vir die moderne mens te sê? Hierdie Life.Church leesplan ondersoek die invloed wat die Skrif in jou alledaagse lewe kan hê met Skrifgedeeltes wat beklemtoon ...

More

Hierdie leesplan is geskep deur Life.Church en in ander tale vertaal in samewerking met Wycliffe Bible Translators (www.wycliffe.org), 'n organisasie wat daartoe verbind is om die Woord van God te bring aan gemeenskappe wat nog daarvoor wag.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid