YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Groei: Eerste treë saam met JesusSample

Groei: Eerste treë saam met Jesus

DAY 4 OF 20

WAT IS GELOOF? In Johannes 3:16 leer ons dat die ewige lewe belowe word vir elke persoon wat glo. As geloof dan die voorwaarde is, wat beteken dit nou eintlik? Kom ons blaai na Johannes 1:12 om sekere dimensies van geloof in Jesus te ontdek. Johannes 1:12: Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo. Ons gaan nou kyk na die betekenis van hierdie twee begrippe: Aanneem en Glo. As ek en jy ‘n geskenk "aanneem" of ontvang, wat doen ons dan? Maak die pakkie oop, kyk mooi na die geskenk, maak weer die pakkie toe en gaan bêre dit êrens veilig? Nee, dis belaglik! Ek’t onlangs ‘n horlosie as geskenk ontvang en ek het die pakkie dadelik oopgemaak, my ou horlosie afgehaal en die nuwe een aangesit. Dit het sommer gou ‘n deel geword van wie ek is en hoe ek lyk. Geloof is baie dieselfde. Dis bloot soos om ‘n geskenk ten volle te ontvang en te aanvaar. Net so ontvang ons ten volle die geskenk van Jesus: ons ontvang sy liefde, sy vergifnis, sy opoffering om vir ons te sterf, en die nuwe lewe wat Hy vir ons bring. Hierdie lysie, en nog baie meer, is ingesluit in die geskenk van God in Jesus. Geloof is hoe ons leer om elke aspek van hierdie geskenk aan te neem en ten volle te aanvaar. Ons moet ook nou kyk na wat dit beteken om in die Naam van Jesus te glo. Iemand se naam verwys na die persoon se reputasie en ook wat die persoon verteenwoordig. Om in die Naam van Jesus te glo is om te aanvaar waarvoor Hy staan en om in te koop in sy waardes. Mense wat in Jesus glo identifiseer so met dit waarvoor Jesus staan, dat hulle dit ‘n deel maak van wie hulle self is. "Aanneem" en "Glo" sluit dan nog ook die beginsel van vertroue in. As ‘n goeie vriend my nooi vir ‘n lekker uiteet kuier, maar hy gaan dalk so 30 minute laat wees en hy moedig my aan om solank te bestel waarvoor ek lus is, wat sal ek doen? Ek sal bestel weens my goeie verhouding met die persoon. Dit is dus ‘n aanduiding dat ek sy karakter en integriteit vertrou. Wanneer ons Jesus aanneem en in sy Naam glo, ontvang ons die belofte dat ons kinders van God word! Dit is ‘n voorreg en ‘n reg wat aan ons toegedeel word. Ek het ontdek dat my vertroue in God geweldig gegroei het, soos ek die Bybel bestudeer en meer van Jesus geleer het. Hoe meer ons van Hom leer, hoe beter word ons verhouding en hoe sterker word ons vertroue in Jesus. Hierdie belofte in Johannes 1:12 is vir elke persoon wat glo, so dit sluit jou vir seker in! Verklaring: "Jesus, ek glo vandag dat ek nou ‘n kind van God is." Aksiestap vir vandag: Skryf neer wat ten goede sal verander noudat jy besef dat jy deur jou geloof in Jesus, ‘n kind van God is.
Day 3Day 5

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy