YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Groei: Eerste treë saam met JesusSample

Groei: Eerste treë saam met Jesus

DAY 7 OF 20

WAT IS SONDE? Onthou jy wat ons van Paulus geleer het in Romeine 5? Romeine 5:8 Maar God bewys sy liefde vir ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Ons vraag vandag is dus, hoekom word ons as sondaars aangespreek? Kom ons gaan terug tot by die begin. Toe God vir Adam en Eva geskep het in Genesis 1 en 2 (die eerste boek van die Bybel), het Hy hulle toegang gegee tot elke deel van die tuin van Eden, behalwe een verbode boom. Hulle was nie in staat om die versoeking te weerstaan nie en dit het massiewe gevolge vir hulle en vir die res van die mensdom gehad. Ons almal is deur hulle foute geïmpliseer. Paulus leer ons dat hierdie negatiewe stroom van invloed so sterk is dat die hele mensdom aanhou om dieselfde foute te maak. Efesiërs 2:1-3: En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander. Jesus leer ons ook in Lukas 15 dat ons almal, soortgelyk aan die verlore seun, maar ook ons eie ding wil doen. Dit bring ons dus by die basiese idee van wat sonde is. Dit beteken ons mis die bedoeling van ons Skepper, naamlik om in ‘n kwaliteitsverhouding met hom te leef. Sonde is dan eintlik ongehoorsaamheid aan God, en dit bring mee dat ons die doel mis wat God vir ons bestem het. Dis hoekom ons genade nodig het, ons het Jesus nodig, ons het ‘n Verlosser nodig. Jesus se redding bring ons weer terug na ‘n verhouding met ons Vader en dit red ons van die verwoestende stroom van sonde, wat die mensdom meesleur, weg van dit waarvoor ons oorspronklik geskape is. Dit is waarmee Jesus afgereken het toe Hy vir ons sondes aan die kruis gesterf het. Ons sondes is vergewe! Verklaring: "Ek wil in ‘n gesonde verhouding met Jesus leef." Aksiestap vir vandag: Skryf een sin neer, waar jy God vra om jou verlede vir ewig agter jou te plaas.
Day 6Day 8

About this Plan

Groei: Eerste treë saam met Jesus

Is jy 'n nuwe Christen? Ons glo dat ‘n verhouding met God die hoof tema van al God se interaksies met die mensdom is. Hierdie is ‘n 20-dae ontdekkingsreis waarop ons jou wil neem. En dit kom uit ons passie vir mense wat ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy