YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Groei: Eerste treë saam met JesusSample

Groei: Eerste treë saam met Jesus

DAY 8 OF 20

VERGEWE Een van die grootste geskenke wat ons van God kan ontvang is om te hoor: ‘Ek vergewe jou.’ Psalm 103:12: So vêr as die ooste verwyder is van die weste so vêr verwyder Hy ons oortredinge van ons. Die idee van vergifnis, skep die prentjie van waar God na jou kyk, en letterlik al jou misstappe van jou verlede verwyder, weg van jou af, so ver soos die ooste van die weste is. Jy is so waardevol vir Hom, dat Hy bereid is om jou te verwyder van jou misdade en foute. Hy sien jou waarde en fokus nie op jou foute nie. Paulus help ons verder om vergifnis te verstaan in hierdie gedeelte: Kolossense 2:13: En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het, 14 en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael, 15 nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het. Wat hierdie ontdekking vir ons beteken, is dat Jesus letterlik AL ons sondes vergewe het. Dit sluit elke liewe ding in wat jy in jou verlede aangevang het en ook wat jy in die toekoms nog mag doen! Ek is oortuig uit hierdie gedeelte, dat die volledige lys van negatiewe aanklagte teen my, heeltemal verwoes is, saam met die skuldgevoelens en die skande wat daarmee saamgaan. Jesus het die skuldbrief teen ons, met al sy aanklagte, gevat en die volle prys daarvoor betaal toe Hy sy lewe gegee het. Jesus het in my plek gesterf! God het op hierdie manier die mag wat sonde oor ons gehad het heeltemal verwyder. Ons is nou oorwinnaars oor die krag van sonde, as ons hierdie geskenk van genade ontvang. Dit is hoe ons weet ons is vrygespreek. God heg genoeg waarde aan jou om ‘n onomkeerbare afstand tussen jou en jou sonde te plaas. Dit is in en deur sy genade, wat ons die krag kry om sonde te oorwin. Verklaring: "Vader ek dank U dat alles tussen U en my herstel is." Aksiestap vir vandag: Voltooi hierdie volgende sin, met so drie tot vier ontdekkings wat jy vandag gemaak het: Ek is vergewe van...
Day 7Day 9

About this Plan

Groei: Eerste treë saam met Jesus

Is jy 'n nuwe Christen? Ons glo dat ‘n verhouding met God die hoof tema van al God se interaksies met die mensdom is. Hierdie is ‘n 20-dae ontdekkingsreis waarop ons jou wil neem. En dit kom uit ons passie vir mense wat ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy