YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Groei: Eerste treë saam met JesusSample

Groei: Eerste treë saam met Jesus

DAY 9 OF 20

NUWE IDENTITEIT In Johannes 1:12 leer ons dat ons kinders van God geword het, dus beleef mense wat in Jesus glo ‘n radikale verandering in hul identiteit. Johannes 1:12: Aan almal wat hom aangeneem het, hulle wat in Sy Naam glo, het Hy die mag gegee om kinders van God te word. Ons hoor gereeld hoe gelowiges sê: "Ek is maar net ‘n sondaar wat deur genade gered is." Dit skep die indruk dat ons skaars oorleef en dat God ons maar net verdra. Maar uit hierdie skrifgedeelte ontdek ons ‘n radikaal anderste konsep. 2 Korintiërs 5:17: Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. As iemand met Jesus assosieer en identifiseer, en in Hom glo, word daardie persoon ‘n totale nuwe skepping. So ek en jy is nie meer net sondaars wat deur genade gered is nie, nee, ons is volwaardige kinders van God! Hierdie ontdekking trek ‘n streep in die sand. Jy is ‘n nuwe skepping met ‘n nuwe natuur en ‘n nuwe identiteit. Kom ek gebruik my verhouding met my dogters as voorbeeld. Hulle tree soms vreemd op, wat  teleurstelling en selfs seer by my kan veroorsaak, maar ek vertel hulle nie dat hulle hopeloos is en dat hulle nooit iets sinvol in die lewe gaan bereik nie. Nee, ek herinner hulle dat hulle ons, as ouers, se DNA dra en dat hulle dus kan ontwikkel tot hulle volle potensiaal, en nog meer as dit ook. Hierdie agtergrond van ons identiteit en assosiasie met Jesus, word ook nou hier onder verder verduidelik: 2 Korintiërs 5:18: En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus Paulus leer ons dat die kwaliteit van ons herstelde verhouding met God, ons hele nuwe identiteit vasmaak: Ons is sy kinders, punt. Dit bring ons nou by een van die belangrikste skrifgedeeltes in die Bybel,  t.o.v. jou identiteit. 2 Korintiërs 5:21 :  Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom. Dit beteken dat Jesus Homself met ons ou identiteit as sondaars vereenselwig het en as gevolg van sy offer aan die kruis het ons die geregtigheid van God geword. Kom ons kyk wat beteken hierdie begrip: 1\. Geregtigheid van God is eerstens kwaliteitsverhouding en aanvaarding. 2\. Dit beteken ek is vergewe, gereinig van my sonde, ek het ‘n rein gewete voor God. 3\. Ek is ook ten volle herstel tot sy identiteit in my en sy doel vir my. 4\. Ek het toegang tot al die seëninge van God se koninkryk verkry. 5\. Ek het outoriteit om hierdie lewe nou in oorwinning te lewe en om die krag van sonde te oorkom. Verklaring: "In Christus Jesus is ek ‘n splinternuwe skepping." Aksiestap vir vandag: Skryf 2 Korintiërs 5:21 volledig uit om hierdie waarheid in jou hart vas te maak.
Day 8Day 10

About this Plan

Groei: Eerste treë saam met Jesus

Is jy 'n nuwe Christen? Ons glo dat ‘n verhouding met God die hoof tema van al God se interaksies met die mensdom is. Hierdie is ‘n 20-dae ontdekkingsreis waarop ons jou wil neem. En dit kom uit ons passie vir mense wat ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy