YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Groei: Eerste treë saam met JesusSample

Groei: Eerste treë saam met Jesus

DAY 3 OF 20

WIE IS JESUS? Ons leer God in die Bybel ken as Vader, Seun en Heilige Gees. Hy is een God, maar drie Persone. Hoe kan dit moontlik wees? Soms kan dit verwarrend wees vir mense. Ek hou daarvan om dit te verduidelik deur water as ‘n vergelyking te gebruik. Water is een chemiese samestelling, maar dit kom voor in drie verskillende vorme, naamlik ‘n vastestof, vloeistof en ‘n gas. Ons ken dit as ys, water en stoom: een ding, maar drie vorme. Hierdie metafoor help ons om te verstaan dat ons een God in die Bybel leer ken, maar Hy openbaar Homself as Vader, Seun en Heilige Gees. Kom ons lees die boek van Johannes, een van die eerste volgelinge van Jesus: Johannes 3:16-17: Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Ons ontdek in die Bybel dat die Seun van God bekend staan as Jesus. Vandag wil ek Hom aan jou  voorstel. Ons lees van sy geboorte, lewe, bediening aan mense, leringe en die wonderwerke wat Hy gedoen het. Dan sien ons dat Hy gekruisig was namens die hele mensdom. Ons ontdek dan dat Hy uit die dood uit opgestaan het, soos ongeveer 500 mense gesien het. Geskiedenis bevestig Jesus se bestaan, en tot vandag is die boeke wat oor Hom geskryf is, meer as oor enige ander onderwerp op aarde. As ons na vandag kyk, wil ons vir jou wys hoe 2 000 jaar gelede se gebeure nou nog relevant is: God wil die wêreld red. Hy begeer dat niemand vir ewig verlore sal gaan nie. Die vraag is dus: ken jy Jesus? Besef jy dat Hy die Redder in jou lewe wil wees? Hy is die Redder van die wêreld, soos ons in Johannes 3:16 lees. Hy begeer dat ons Hom sal ken, nou en tot in ewigheid. Ewige lewe beteken eenvoudig dat ons verhouding met God herstel is en dat ons in ‘n kwaliteitsverhouding met Hom lewe. Deur ons geloof in Jesus ontdek ons God se liefde vir ons. Biljoene mense het dieselfde ontdekking al gemaak en glo vandag in Jesus, die Seun van God! Daaglikse verklaring: "Jesus, ek wil alles van U weet." Aksiestap vir vandag: Dink gerus aan alles wat jy tans van Jesus weet en skryf dan neer wat jy dink jy nog van Hom wil weet.

Scripture

Day 2Day 4

About this Plan

Groei: Eerste treë saam met Jesus

Is jy 'n nuwe Christen? Ons glo dat ‘n verhouding met God die hoof tema van al God se interaksies met die mensdom is. Hierdie is ‘n 20-dae ontdekkingsreis waarop ons jou wil neem. En dit kom uit ons passie vir mense wat ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy