YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Groei: Eerste treë saam met JesusSample

Groei: Eerste treë saam met Jesus

DAY 5 OF 20

DIE LIEFDEVOLLE VADER Lukas was een van die eerste volgelinge van Jesus. Hy skryf hierdie verhaal neer soos Jesus dit vertel het. Jesus wys ons die karakter van God in hierdie verhaal, maar Hy wys ons ook iets van die mens se storie. Lukas 15:11: HY het ook gesê: ’n Man het twee seuns gehad. 12 En die jongste van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle verdeel. 13 En nie baie dae daarna nie het die jongste seun alles bymekaargemaak en weggereis na ’n vêr land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe. 14 En toe hy alles deurgebring het, kom daar ’n swaar hongersnood in daardie land, en hy het begin gebrek ly. 15 Toe het hy hom by een van die burgers van daardie land gaan voeg. En dié het hom in sy veld gestuur om varke op te pas. 16 En hy het verlang om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, en niemand het dit aan hom gegee nie. 17 Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger! 18 Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u, 19 en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge. 20 En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog vêr was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen. 21 En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie. 22 Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee ’n ring vir sy hand en skoene vir sy voete. 23 En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees. 24 Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word. Hoekom sal ek sê dat hierdie ons iets van God se karakter wys, maar ook iets van die mens se storie? Elkeen van ons het iets van die verlore seun in ons, omdat ons soms ook maar ons eie pad wil loop en ons eie kop wil volg, as gevolg van ons eie selfsugtige begeertes. Hierdie storie gaan waarskynlik meer oor die pa wat wag vir sy seun, as oor die verlore seun. Besef jy dat die Vader wat die heelal geskep het, vol medelye is teenoor elke persoon wat die pad byster geraak het? Hy wag vir elke persoon wat afgedwaal het in hul eie begeertes, om eenvoudig net na Hom toe terug te draai. Hy wil ons met Homself versoen en ons verhouding met Hom ten volle herstel. Hy haak nie vas by ons foute en sondes nie. Sodra ons terug kom na Hom toe, verwelkom Hy ons met ope arms: "My seun was verlore en nou is hy weer gevind." Ons kan dalk, soos die seun in die storie, voel dat ons foute ons diskwalifiseer vir die liefde van ons Vader, maar Jesus wys ons dat die Vader by ons foute verby kyk en verklaar: Jy is my kind! Ons sien dan dat Hy die verhouding ten volle herstel, en van daardie plek van aanvaarding af, begin Hy ons dan reinig en herstel en ons red van ons verlede. Dis hoe Hy ons weer oprig tot ons volle status as sy kind. Ons het dus ‘n liefdevolle Vader wat ons foute aanspreek deur sy liefde vir ons! Verklaring: "Vader in die hemel, dankie dat ek in ‘n persoonlike verhouding met U kan staan." Aksiestap vir vandag: Maak 'n lys van sommige van die goed in jou verlede waaroor jy voel dat God jou dalk sou verwerp en trek dan ‘n streep daardeur en verklaar vandag dat niks groter is as jou Vader se liefde vir jou nie.
Day 4Day 6

About this Plan

Groei: Eerste treë saam met Jesus

Is jy 'n nuwe Christen? Ons glo dat ‘n verhouding met God die hoof tema van al God se interaksies met die mensdom is. Hierdie is ‘n 20-dae ontdekkingsreis waarop ons jou wil neem. En dit kom uit ons passie vir mense wat ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy