YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Groei: Eerste treë saam met JesusSample

Groei: Eerste treë saam met Jesus

DAY 20 OF 20

AMBASSADEURS Ons het in die laaste paar weke ontdek hoe groot Jesus se opoffering en toewyding aan ons is. Dit is dan nou net niks minder as reg dat ons ook sal reageer met soortgelyke toewyding aan Hom nie. 2 Korintiërs 5:18,20: En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen. Ons word "gesante" of ambassadeurs van Christus, met ander woorde ons verteenwoordig ons koning, Jesus, hier op aarde. Daar is minstens twee eienskappe van ambassadeurskap: 1\. Ons verteenwoordig sy karakter. 2\. Ons verteenwoordig sy stem of sy invloed hier op aarde. Wat beteken dit dan dat ons sy karakter verteenwoordig? Ons bevorder die reputasie van Jesus in die manier hoe ons leef, in ons familie en werksplek en in ons sosiale aktiwiteite. Tweedens verteenwoordig ons sy stem, deurdat ons sy invloed uitdra na dinge wat om ons gebeur. Die idee van ‘n bediening van versoening is opgesom in die groot opdrag van Matteus 28. Matteus 28:18: En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. 19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. 20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen. Jy beleef vandag hoe ons, deur hierdie afgelope paar sessies, hierdie groot opdrag uitgevoer het. Ons het dit gedoen deur jou te begelei in jou eerste treë van jou verhouding met God. Die volgende stap vir jou nou, is om na iemand anders uit te reik met wie jy dit kan deel. Daar wag vir jou ‘n wonderlike verrassing. ‘n Mens leer baie meer wanneer jy iets aanbied vir ‘n ander persoon. Jy sal beleef hoe jou eie geloof groei en sterker word. As ambassadeur vir Jesus, is dit hoe ons Hom verteenwoordig in die lewens van ander mense. Verklaring: "Ek is ‘n ambassadeur van Jesus in my wêreld." Aksiestap vir vandag: Sonder elke gedeelte van jou verantwoordelikheid vir die Here se doelwitte af. Skryf ook name neer van mense met wie jy dit graag sal wil deel en begin vir hulle bid voor jy hulle benader. Ten Slotte As jy graag verder iets wil lees wat jou kennis van Jesus sal verbreed, sal ons die boek [ ‘Dit is Volbring’ deur Alan Platt ](https://www.amazon.com/Dit-volbring-eBoek-ingesluit-Afrikaans-ebook/dp/B01HILNZBY/ref=sr_1_1?dchild=1&keywords=volbring&qid=1588789821&sr=8-1) voorstel. Dit is ook in Engels beskibaar as [ ‘Not do but done’. ](https://www.amazon.com/Not-But-Done-eBook-Completed-ebook/dp/B01HILNZC8/ref=sr_1_1?dchild=1&keywords=Not+do+but+done&qid=1588789864&sr=8-1) Klik [ hier ](https://www.bible.org.za/div/) vir die video-reeks wat daaroor gemaak is. ‘n Baie goeie boek wat die bestaan van Jesus verdedig is "More than a Carpenter" deur Josh McDowell. Kontak ons gerus by [ www.doxadeo.org ](https://www.doxadeo.org) vir verdere begeleiding op jou pad met die Here. Hierdie leesplan is deel van ons kursus wat jy by [ https://www.firststepswithjesus.com ]( https://www.firststepswithjesus.com) kan vind.
Day 19

About this Plan

Groei: Eerste treë saam met Jesus

Is jy 'n nuwe Christen? Ons glo dat ‘n verhouding met God die hoof tema van al God se interaksies met die mensdom is. Hierdie is ‘n 20-dae ontdekkingsreis waarop ons jou wil neem. En dit kom uit ons passie vir mense wat ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy