YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Groei: Eerste treë saam met JesusSample

Groei: Eerste treë saam met Jesus

DAY 2 OF 20

GOD SE LIEFDESINISIATIEF Ons ontdekking vandag gaan wees dat God die eerste treë na ons toe geneem het. Ons sal dit sien in die getuienis van Saulus, wie se naam verander het na Paulus, na sy Damaskus bekering. Paulus het baie van die boeke in die Nuwe Testament in die Bybel geskryf. Kom ons kyk na een van sy briewe aan die gelowiges in Rome. Romeine 5:6: Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe. 7 Want nouliks sal iemand vir ’n regverdige sterwe — vir ’n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe — 8 maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Dit wys ons hoe God die eerste treë geneem het, selfs toe ons nog onwillig was om op sy liefde te reageer. Hy rig sy liefde tot ons ten spyte van ons foute en verlede. Dis net soos wat ‘n goeie pa sy kinders liefhet ten spyte van hulle keuses en besluite waarmee hy dalk nie saamstem nie. Dit bewys hoeveel waarde God die Skepper aan jou as persoon heg. Hy heg waarde aan jou omdat Hy jou liefhet. Dis die soort liefde wat baie groter is as blote emosie. Dis ‘n waardestelling! Ons is God se skepping en ons is sy kinders. Hy is die liefdevolle pa wat sy kinders liefhet. Besef jy vandag hoe lief Hy jou het? Die Bybel, in die Nuwe Testament, stel God aan ons voor as so ‘n Vader. Ons beste reaksie op hierdie liefdesverklaring is om nou die Bybel te bestudeer, totdat ons dit beter verstaan. (Ons gaan jou in ‘n volgende hoofstuk wys waar om die Bybel te begin lees.) Soos wat ons God se liefde in die Bybel bestudeer, sal ons sy liefde vir ons beter begin verstaan, en sal ons self die vermoë ontwikkel om Hom lief te kry. Liefde vir God groei in ons harte in antwoord op sy liefde vir ons. Ek wil jou sommer vandag ook begin aanmoedig om goeie musiek te luister wat hierdie boodskap bevestig. Een lied wat dit doen is "Wonder of Your Love" deur Revelation Enterprises, wat jy op jou gunsteling  musiekstroomplatform kan vind.  Ons bid dat, soos jy na hierdie lied luister, jy ten diepste bewus sal word van die liefde van jou Skepper vir jou. Hier is jou daaglikse verklaring: . "God het my geweldig baie lief." Onthou om dit elke dag ‘n hele paar keer te herhaal: Aksiestap vir vandag: Skryf gerus gebeurtenisse in jou verlede neer, waar jy met dankbaarheid besef het dat God sy liefde aan jou bewys het.

Scripture

Day 1Day 3

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy