Leesplan inligting

Wegkruipplek OordenkingVoorbeeld

Hiding Place Devotional

DAG 7 VAN 10

Oorwinningsliedere



Ek het in 'n gemakstoel gesit, besig om die baba aan die slaap te sus (of ten minste te probeer), toe ek die geritsel van materiaal van die ander kamer hoor. Die geklik-klak van klein plastiek hakkies het oor die houtvloer na my toe geskuifel. Toe ek omdraai, sien ek twee trotse klein gesiggies wat oorloop van vreugde oor hul oorgroot prinses rokke en laag-op-laag juwele. Klein kroontjies het op die blonde koppies gerus en die baba, wat nou beslis nie geslaap het nie, het gegiggel uit pure plesier oor dié aangesig.



“Mamma, speel vir ons 'n liedjie! Ons moet DANS!”



Dit is 'n sin wat ons gereeld in ons meisie-gevulde huis hoor. Hulle is mal daaroor om musiek aan te sit en te kyk hoe hul rokke pragtig om hulle swaai. Ek hou baie van die deel in Psalm 32:7 wat sê: "U laat my oorwinningsliedere sing." Die beelde wat hierdie woorde oproep, is pragtig. Net soos die prentjie voor my van sorgelose, vreugdevolle gedans.



Ons huise raak chaoties, oorweldigend en kan soms selfs 'n las word. Omdat ons gered is, het ons egter volkome en totale vreugde. Oorwinning. Ons mag dalk daagliks as ma's misluk, maar Hy is oorwinnend. Ons mag dalk ons humeur met ons mans verloor, maar Hy is oorwinnend. Ons mag dalk kaaskrulle en lekkergoed vir aandete voorsit (alweer …), maar HY IS OORWINNEND.



“Hoor die gejuig in die laer van die oorwinnaars" — Psalm 118:15a.



Ons God is goed, Hy is groter as enige van ons mislukkings en Hy het al ons tekortkominge by die kruis aangespreek. Hy het dit alles oorwin sodat ons ons huise kan vul met liedere van vreugde en oorwinning! Ons kan selfs in ons oomblikke van grootste swakheid vreugde in Hom vind. Dit maak nie saak wát alles verkeerd loop of hoeveel mislukkings jy vandag beleef nie, jou huis is 'n plek waar vreugde en oorwinning van die dakke af uitgebasuin kan word. Laat sy soet melodie toe om in jou hart in te sing. Laat die baba maar 'n slapie oorslaan om 'n prinses danspartytjie te geniet (of 'n magtige strydvegter partytjie met jou klein mannetjies!).



Omhels die waardevolle lewe en oomblikke wat vir jou gegun is. JUBEL in die oorwinning wat ons in Hom het!
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Hiding Place Devotional

Is daar nie tye wanneer jy as 'n ma net wil wegkruip nie ... byvoorbeeld in die spens met 'n sjokolade stafie?  Weggesteek van die storms van die lewe en die gewig van verantwoordelikhede. Weggesteek van die geraas. Wegg...

More

We would like to thank Thrive Moms for providing this plan. For more information, please visit: www.thrivemoms.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid