Leesplan inligting

Wegkruipplek OordenkingVoorbeeld

Hiding Place Devotional

DAG 10 VAN 10

Die Stryd is Werklik



Ek onthou so goed daardie dag toe ek op my agterstoep gesit het met my gesig in my hande. Ek het gehuil en so oorweldig gevoel. Ek het 'n stryd gevoer met nageboorte angstigheid en depressie vir só lank dat dit soos 'n ewigheid gevoel het. My kinders is verwaarloos, my huwelik het die gevolge daarvan gevoel en ek het fisieke pyn ervaar van die stryd in my binneste. Dit het gevoel asof my hele wêreld om my ineenstort.



Hulle sê jy moet kies watter gevegte jy met jou kinders wil veg en watter nie. As 'n ma met 'n paar klein kindertjies moet ek erken dat dit raad is waaraan ek bykans daagliks vasklou. Maar wat van jou eie lewe? Jy kan nie net jou eie gevegte kies nie. Hulle kan twee of drie op 'n slag opduik en jou uit alle rigtings aanval. Soms daal die gewig van die wêreld op jou neer en jy het geen keuse watter gevegte jy wil veg of nie wil veg nie.



Die stryd in jou huwelik.

Die stryd met 'n siek kind.

Die stryd met nageboorte siekte.

Die stryd met die werk/lewe balans.

Die stryd met 'n kind met spesiale behoeftes.

Die stryd met jou finansies.



Daar is gevegte oral om ons en jy is heel moontlik besig om op hierdie oomblik 'n stryd van een of ander aard in jou eie lewe te stry. Dalk meer as een.



Suster, die stryd is werklik. So, so werklik.



Daar is egter hoop en waarheid in die gevegte wat ons in die gesig staar.



Die Here stuur jou nie net blindelings in die geveg in nie. Hy stuur jou nêrens heen waar Hy nie reeds was nie. “U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk" (Psalm 23:5a). Hy is nie net daar in die middel van jou stryd nie, Hy berei vir jou 'n fees voor. As jy enigsins soos ek is, is 'n fees nie iets wat maklik is om voor te berei nie. VERAL in die middel van chaos! God is net daar in die middel van ons gevegte met 'n reuse kalkoen, rolletjies so groot soos jou gesig en meer pasteie as Ina Paarman, wat net daar wag.



Selfs te midde van my donkerste gevegte hoor ek daardie rustige stem wat fluister: "Ek is net hier, saam met jou in die stryd. Kom sit saam met my by die tafel. Ek is jou wegkruipplek. Ek beskerm jou teen moeilikhede. Ek omring jou met oorwinningsliedere. ”



Dames, trek jou wapenrusting aan en gryp jou vurk. Ons gaan oorlog toe.
Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Hiding Place Devotional

Is daar nie tye wanneer jy as 'n ma net wil wegkruip nie ... byvoorbeeld in die spens met 'n sjokolade stafie?  Weggesteek van die storms van die lewe en die gewig van verantwoordelikhede. Weggesteek van die geraas. Wegg...

More

We would like to thank Thrive Moms for providing this plan. For more information, please visit: www.thrivemoms.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid