Leesplan inligting

Wegkruipplek OordenkingVoorbeeld

Hiding Place Devotional

DAG 4 VAN 10

Waarvoor is jy so bang?



Sy het styf aan my been vasgeklou terwyl sy kyk hoe die ander kinders oor die speelgrond hardloop. "Met wie kan ek speel, Mamma?", het sy in 'n sagte stemmetjie gevra. Ek kon die vrees in haar oë sien omdat sy bang was om iets nuuts te waag. "Ek is net hier by jou, my engel, maar jy moet gaan maatjies maak. Jy gaan dit so geniet!", het ek gesê terwyl ek haar aanpor om by die ander kinders aan te sluit.



Die wegkruipplek is 'n plek van ontvlugting, skuiling, beskerming en vrede. God wil jou, sy kind, beskerm net soos wat jy jou kinders wil beskerm. Soos Hy, sal jy ook nooit jou kinders toesluit om hulle daarvan te beskerm om die wêreld te ervaar nie. Jy wil hê dat hulle moet speel, leer en pret hê saam met ander kinders. Jy begeer vir hulle gemeensaamheid.



Toe ons die volwassenes geword het, was die speelgrond-dae iets van die verlede. Ons word een of twee maal te na gekom, en ons besluit om skanse op te sit. Ons laat toe dat vrees ons harte oorweldig. Egte gemeenskap is buite bereik en ons laat toe dat vrees die plek daarvan inneem.



Die Satan wil jou graag in 'n boksie-van-vrees hou. Hy wil hê jy moet by die huis bly, ou televisie programme weer kyk en jou derde pak Marie beskuitjies eet — in plaas daarvan om uit jou gemaksone te tree en gemeenskap met ander gelowiges te ervaar.



Weet jy wat gebeur as jy in gemeenskap tree? JY GROEI.



In die boek Josua praat God met Josua en sê vir hom: "Wees sterk, wees vasberade ...". Hy sê dit drie maal vir hom. Raak jy ook soms gefrustreerd wanneer jy jouself vir jou kinders oor en oor moet herhaal en dan begin dink: "Miskien sal die derde keer iewers vassteek"? God het seker dieselfde gedink. Josua het gevoel asof hy die onmoontlike moet trotseer en God het hom (herhaaldelik) herinner dat Hy net daar, by hom, is. Hy het niks om te vrees nie.



Voel dit nie soms asof ware gemeenskap onmoontlik is nie? Dit is te moeilik om jouself aan mense bloot te lê en hulle in jou binneste in te laat. Dit is soveel makliker om in jou sweetpak te bly en jou sjokolade te eet. Net soos wat ek my dogter verseker dat ek oral waar sy gaan, saam met haar is, vertel die Here vir ons presies dieselfde!



Ons het niks om te vrees wanneer ons wegkruipplek by Hom is nie!
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Hiding Place Devotional

Is daar nie tye wanneer jy as 'n ma net wil wegkruip nie ... byvoorbeeld in die spens met 'n sjokolade stafie?  Weggesteek van die storms van die lewe en die gewig van verantwoordelikhede. Weggesteek van die geraas. Wegg...

More

We would like to thank Thrive Moms for providing this plan. For more information, please visit: www.thrivemoms.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid