Leesplan inligting

Wegkruipplek OordenkingVoorbeeld

Hiding Place Devotional

DAG 6 VAN 10

Meedoënlose Soeke



Keer op keer verskaf die Woord van God aan ons pragtige beskrywings van sy meedoënlose, soekende liefde vir ons. Die Bybel is in der waarheid een lang verhaal van God se verlange na ons. Ek dink een van my gunsteling verhale is dié van Jona.



Lees Jona 1-3.



God het aan Jona baie duidelike instruksies gegee. Jona was egter nie gehoorsaam nie.



"Maar Jona het klaargemaak om na Tarsis toe te vlug, weg van die Here af" — Jona 1:3a.



God het natuurlik nie vir Jona nodig gehad om sy plan uit te voer nie. Hy het Jona liefgehad en het geweier om sy rug op hom te draai, selfs toe hy niks met God te doen wou hê nie. Hy het hom só liefgehad dat Hy tot uiterstes gegaan het om sy hart terug te wen.



Soek ek met net soveel passie na my kinders se harte? Dit is maklik om hul harte na te jaag wanneer dit goed gaan, maar wanneer hulle van my af weghardloop (letterlik en figuurlik), is ek nog net so bereid om alles wat ek hét in my soeke in te sit?



Toe ek en my man nog uitgegaan het, het hy alles in sy vermoë gedoen om aan my te bewys dat ek vir hom die belangrikste persoon in die wêreld is (en hy doen dit nog steeds). Hy wou tyd saam met my deurbring en my leer ken. Hy het vir my briewe en gedigte en liedjies geskryf, sodat ek die heeltyd sou onthou hoe lief hy my het. Hy het na my hart gesoek. Daar was niks passief daaromtrent nie. Dit was 'n aktiewe soeke.



Op 'n soortgelyke manier wil ons kinders ook aktief gesoek word. Hulle wil geken wees. Hulle het nodig om geken te word.



"Net goedheid en troue liefde sal my volg al die dae van my lewe" – Psalm 23:6a AFR20.



Die woord "volg" wat hier gebruik word, is dieselfde woord wat in ander Skrifgedeeltes gebruik word om te beskryf dat iemand gejaag word, of dat 'n weermag op iemand afstorm. Hierdie soort van agtervolging het 'n missie en 'n doel — om iets op te eis. God is op 'n daaglikse missie om ons harte vir Hom op te eis.



Kom ons vra die Here om ons harte te ondersoek rakende ons kinders. Is daar enige mure van aanstoot wat afgebreek moet word? Hoe kan ons poog om hulle beter te ken? Kom ons vra Hom vir die nodige wysheid om elke dag op 'n missie te wees met 'n liefde wat hul harte najaag. Mag ons juis meer heftig na hul harte jaag op die dae wanneer hulle van ons weghardloop.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Hiding Place Devotional

Is daar nie tye wanneer jy as 'n ma net wil wegkruip nie ... byvoorbeeld in die spens met 'n sjokolade stafie?  Weggesteek van die storms van die lewe en die gewig van verantwoordelikhede. Weggesteek van die geraas. Wegg...

More

We would like to thank Thrive Moms for providing this plan. For more information, please visit: www.thrivemoms.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid