Leesplan inligting

Wegkruipplek OordenkingVoorbeeld

Hiding Place Devotional

DAG 1 VAN 10

Die Lekker Plekkie



"Wegkruipertjie" was my gunsteling speletjie as 'n kind. Ek wil nie spog nie, maar ek was 'n baie goeie wegkruiper. Ek was stil en klein en ek het altyd die BESTE wegkruipplekke gekry. Daar kon ek sit totdat almal gevind is en dan, wanneer niemand gekyk het nie, het ek uitgeglip. Ek was versigtig sodat niemand my lekker plekkie kon uitsnuffel nie (sodat ek die volgende keer weer daar kon wegkruip, natuurlik!).



Ek dink nie veel het verander soos wat ek volwasse geword het nie. Ek kruip nog net so goed weg. Ek is net nie meer so goed daarmee om my lekker plekkie te kry nie. Is dit nie waar van ons almal nie? Daar is nie een mens op hierdie aarde wat nie weet hoe om weg te kruip nie. Ons kruip net selde op die regte plek weg.



As ma's is ons heeldag "aan diens", sowel as snags, met geen rusdae tussen-in nie.

Kom ons wees eerlik — om weg te kruip, is waarvan ons droom!



So wonderlik soos wat hierdie roeping is, is dit ook moeilik, uitputtend, aanhoudend, luidrugtig en chaoties. Ek weet nie van jou nie, maar ek wil MINSTENS een maal per dag weghardloop en gaan wegkruip.



Maar waar kruip ons weg?



Waar ons kies om weg te kruip sal ons óf lei na 'n plek van oorwinning (Jesus) óf 'n plek van ondergang (enige plek anders as Jesus). Wanneer ons toelaat dat vrees, spyt of skuldgevoelens van ons besit neem, beteken dit dat ons vergeet het waar ons lekker plekkie is.



Die Psalmdigter, Dawid, het 'n paar redelike groot foute gemaak. Hy het meer as een maal die pad behoorlik byster geraak. Hy kon agter al sy gemors weggekruip het, maar hy het geweet waar om berusting te vind. Hy het by die Here gaan wegkruip.



Wanneer God ons wegkruipplek is, ongeag waar ons was, wat ons gedoen het of wie ons is, vind ons:



Vergifnis in plaas van Skuld

Genade in plaas van Skaamte

Vertroue in plaas van Vrees

Hoop in plaas van Hopeloosheid



My vier-jarige dogter se gunsteling wegkruipplek is agter die jasse wat aan hakke by die deur hang. Alhoewel dit verskriklik oulik is, laat dit haar met ietwat van 'n probleem — sy is net weggesteek van die middel af boontoe. Haar oulike klein beentjies steek heel opvallend nog onder uit.



Elke ander wegkruipplek laat ons ook blootgestel. Die enigste plek waar ons totaal weggesteek en beskerm is, is by Jesus. Hy is die lekker plekkie.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Hiding Place Devotional

Is daar nie tye wanneer jy as 'n ma net wil wegkruip nie ... byvoorbeeld in die spens met 'n sjokolade stafie?  Weggesteek van die storms van die lewe en die gewig van verantwoordelikhede. Weggesteek van die geraas. Wegg...

More

We would like to thank Thrive Moms for providing this plan. For more information, please visit: www.thrivemoms.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid