Leesplan inligting

Die SoektogVoorbeeld

The Quest

DAG 6 VAN 7

Lees Matteus 8:23-27.


As jou verbeelding nie nou met jou op loop neem nie, gaan terug en lees die gedeelte weer 'n keer.


Om te weet dat 'n storie goed gaan eindig, maak dit minder opwindend. 


Ruwe storm. Die soort wat jou kan doodmaak. Die soort wat gesoute matrose raad-op het, en 'n sterk man se bootjie soos 'n speelding kan laat omslaan. Die wind waai so hard dat jy nie kan hoor wat die persoon langs jou vir jou skree nie. Branders slaan oor die rand en dam op in die boot. Die boot hel vreeslik oor na links. Nog 'n brander. Die wind slaan teen die seile vas soos 'n enorme vuis en jy en jou bemanning word heen en weer geskommel.


En Jesus is vas aan die slaap.


Let op na die vreemde volgorde. Jesus het nie eers die storm laat bedaar en toe die vraag gevra nie. Die vreemdste is dat Hy nie die moeite gedoen het om op te staan en die vraag te vra nie. Hy het dit eers gevra, toe opgestaan en toe die winde en die see bestraf.


Sy vraag aan die dissipels is ons vierde regstellende ondervraging. Kyk weer daarna by dag een. Hoekom is julle bang?


Deel daarvan om ons uitkyk op die geestelike soektog te verander, is om die vrese wat ons lam maak of in 'n bondeltjie laat lê, in die gesig te staar. Ons vrese verskil, maar dit is selde dat iemand vir niks bang is nie. Vrees se vashouplek in ons lewe kan tog ook op vreemde maniere onsuksesvol wees.


Die besef dat die houvas wat vrees op ons het geen perke het nie, kan ons neerdruk of weerstand laat bied. 


God se woord aan Kain in Genesis 4:7b, klink dalk bekend. Vrees het aan my deur geklop. Sonde natuurlik ook, maar dalk is ons eerste tree na vryheid om bewus te word van sonde wat uit erge vrees gebore word. Vrees het my agtervolg. Die woord welkom, op my deurmatjie het 'n vraagteken geword. Wat sou ek verwelkom? Wat sou ek nie innooi nie? Vrees is altyd gereed om aan te val. Sal ons toelaat dat dit ons oorweldig?


God verwag van sy volgelinge om nie vrees 'n houvas te laat kry nie.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

The Quest

In hierdie 7-dag leesplan, gebruik Beth Moore vrae vanuit die Skrif om jou na intimiteit te lei met die Een wat jou die beste ken. Die vraagteken aan die einde van 'n sin is sprekend van nuuskierigheid, belangstelling en...

More

Baie dankie aan Beth Moore en LifeWay Women wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.lifeway.com/thequest

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid