Leesplan inligting

Die SoektogVoorbeeld

The Quest

DAG 4 VAN 7

Wie jy toenemend glo God is, en in sy lig glo wie jyself is, is nie net fundamenteel tot intimiteit nie, dit is ook fundamenteel tot oorwinning. Lees weer Deuteronomium 33:29 en jy sal sien dat oorwinning en identiteit met mekaar verband hou. Slegs vanweë die skild en die swaard van hulle God sou hulle hul vyande kon verslaan.


Die ooreenkomste vir Nuwe Testamentiese gelowiges in Efesiërs 6:10-17 is pragtig.


Bind hulle hier aan mekaar vas:


Elke nederlaag van 'n kind van God, is die gevolg van een van twee oorsake:


1) wat ons nog nie geleer het nie, of 2) hoe ons mislei is. Ons oorwinnings en nederlae word gedryf deur ons oortuigings. Net so is die diepte van ons intimiteit met God.


Elke keer as ons sonde kies, handel ons volgens 'n leuen wat gewoonlik so klink: "Die wêreld is 'n gewer en God is iemand wat vat." Die Bybel gee ons sekerheid oor wat waar is oor God, oor onsself, ons verlede, ons toekoms, oor ander, oor ons vyande, oor hierdie wêreld en die een hierna. Om as kind van God in die waarheid te wandel en 'n leuen van 'n geslepe slang te kan sien, begin met hierdie toets van jou geloof: "Wie het dit vir jou gesê?" Pastore, herders en leraars is 'n geskenk aan ons, en ons is bedoel om te floreer onder hulle instruksie. Hulle is egter net betroubaar as hulle sê wat ooreenstem met wat God sê. 


Ons leer ken natuurlik nie ons identiteit net by pastore en onderwysers nie. Ons identiteit word ook gevorm deur ouers, broers en susters, maats, afrigters, wetstoepassing, skole, ervarings, omgewings en vrese. Hier is 'n voorbeeld van 'n onderhoud om die punt duidelik te maak:


Vertel vir my 'n paar dinge oor jouself. Wel, ek is dom. Ek het die slegste geluk. Ek is slordig. Ek kan nie geld reg hanteer nie. Ek is huishen. Niemand kan my liefhê nie. Ek het geen gesonde verstand nie. Ek is 'n mislukking.


Wie het dit vir jou vertel? My ma.


Of was dit jou eks? Jou klasmaats? Jou siekte? Jou eie selfgesprek?


Om in waarheid te wandel, moet elke "Wie het dit vir jou gesê?" na God teruggevoer word in die Skrif, en as dit teenstrydig is, moet dit verwerp word. Adam en Eva het vir 'n leuen geval en die mensdom saam met hulle tot stof laat terugkeer. Hulle nederlaag was vinnig en erg en alles ter wille van 'n valse identiteit. Misleiding is altyd 'n dief.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Quest

In hierdie 7-dag leesplan, gebruik Beth Moore vrae vanuit die Skrif om jou na intimiteit te lei met die Een wat jou die beste ken. Die vraagteken aan die einde van 'n sin is sprekend van nuuskierigheid, belangstelling en...

More

Baie dankie aan Beth Moore en LifeWay Women wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.lifeway.com/thequest

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid