Leesplan inligting

Die SoektogVoorbeeld

The Quest

DAG 2 VAN 7

God ken alreeds jou hart. Hy kan al jou gedagtes lees. Wanneer jy met hierdie studie klaar is, kan jy jou joernaal versnipper of dit verbrand, maar tussen nou en dan is dit die ware jy met die ware Meester van die heelal. Daar is iets wat jy meer as antwoorde wil hê. Jy wil openbaring hê. Jy is daarvoor gemaak. Ek ook.



Waarom sou God enigsins vir die mens vrae vra, as Hy alreeds die antwoorde ken? Miskien sal Hy eendag tientalle verklarings bied, maar telkens sê die Skrif: God, ons Skepper, Verlosser en Koning, wil interaksie hê met die kroon van sy skepping, selfs in al ons broosheid, twyfel en mislukkings. Ook nie net interaksie nie. Hy wil 'n verbondenheid hê. Hy wil intimiteit hê.



Met jou. Nie met wie jy wens jy was of hoe jy is voor ander nie. Jou ware self.



Lees Genesis 1:26–2:17 en 3:1-9 en let op na elke vers wat die woorde bevat wat God direk aan Adam gesê het—of merk dit. Watter vraag het God in Genesis 3:9 gevra?



Ruil nou plekke met Adam en laat die goddelike ondervraging vir jou begin. Waar is jy? Jy moet êrens heen gaan, maar elke regte roete na jou bestemming begin met jou huidige ligging. Skryf in 'n joernaal direk aan God en beskryf waar jy jou tans in jou lewe bevind. As jy op 'n betreklik goeie plek is, vertel Hom daarvan. Wees spesifiek, soos met iemand wat regtig omgee en saam met jou sal juig. Dalk is jy op 'n eentonige plek of 'n betekenisvolle, pynlike of eensame plek.



Beskryf aan God, met volledige vryheid van spraak, waar jy is. Na alle waarskynlikheid is jy op 'n meer gekompliseerde plek as wat een byvoeglike naamwoord kan beskryf. Vertel Hom van die ingewikkeldhede.



Om die waarheid te sê, dalk wens jy dat jy dieselfde vraag aan God kon vra: "Here, waar is U? Waar was U onlangs?" Of "Waar was U toe ...?" Miskien ken jy die Bybelse en teologiese antwoord. Jou verstand weet die Skrif belowe dat Hy jou nooit sal begewe of verlaat nie, maar jou hart voel tans asof Hy nêrens te vinde is nie. Jy kan Hom regtig vra waar Hy is, of as dit betrekking het op 'n vorige seisoen, waar Hy was. 



Sluit jou joernaal vandag af met Psalm 139:7-10. Jy kan die presiese woorde van die psalmdigter gebruik of jou gedagtes in jou eie woorde uitdruk.  


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Quest

In hierdie 7-dag leesplan, gebruik Beth Moore vrae vanuit die Skrif om jou na intimiteit te lei met die Een wat jou die beste ken. Die vraagteken aan die einde van 'n sin is sprekend van nuuskierigheid, belangstelling en...

More

Baie dankie aan Beth Moore en LifeWay Women wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.lifeway.com/thequest

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid