Leesplan inligting

Die SoektogVoorbeeld

The Quest

DAG 3 VAN 7

Wat intimiteit met God aanbetref, gaan hierdie twee vrae hand aan hand: “Wie is U, Here?” en “Here, wie is ek?” Om te dink die tweede vraag is nie nodig nie, is dalk 'n nederige houding, maar dit is nie Bybels nie. God het nie ink gemors toe hy die tweede vraag in die Bybel laat skryf het nie. Hy gebruik dikwels die tweede vraag—wie is ek?—om mense na die eerste—wie is God?—te lei. Dis 'n getuienis van sy genade en geduld. Wie ons glo God is, verander Hom geensins nie, maar ons identiteit en bestemming plaas alle hoop daarop. 



Kyk goed na Deuteronomium 33. 



Ons erfenis van geloof wat in die Ou Testament aangeteken word, is soos 'n bankrekening van rykdom wat nie oortrokke kan raak gedurende 'n leeftyd van studie nie. Ons het die voorreg om aan die voltooide kant van die verlossingswerk van Jesus, die Lam van God, te leef, wat in elke Ou Testamentiese offer gesimboliseer word. As ons ons geloof in Jesus plaas, is ons onder die nuwe verbond eerder as die ou verbond van antieke Israel.



Terwyl Deuteronomium 33 die twaalf stamme van Israel as aparte stukke vertoon, erf ons, deur Christus se genade, “elke geestelike seën in die hemele” (Ef. 1:3).



Omdat daar niemand soos ons God is nie, is sy volk ook enig. Die Israeliete van die Ou Testament is van nature in die gesin van God gebore, terwyl ons deur die Gees weergebore word (Johannes 1: 11-13; 3: 3). Nie een van die twee eersgeboorteregte het oor meerderwaardigheid gegaan nie. Beide het oor verlossing gegaan. Albei was van genade afhanklik.



Let op na die konsep in Deuteronomium 33:29. "Dit gaan goed met jou, Israel! Wie is soos jy? Jy is 'n volk wat deur die Here verlos is! ”



Vir gelowiges is hul bron van krag baie indrukwekkend. Dit is hoe ons weet wie God is. As ons egter nooit sy identiteit met ons s'n konnekteer nie, bly die "pypleiding" wat deur die kruis moontlik gemaak is, meestal verstop deur ongeloof.



Kom ons beskou die wie? vraag uit 'n ander hoek. 



Lees Genesis 3:1-13. Vors die antwoord op die vraag "Wie het dit vir jou gesê?" na, om die oorspronklike bron van die vraag te vind. Wie het vir hulle iets misleidend vertel wat tot sonde gelei het? Ons bespreek môre hierdie onderwerp van misleiding, in meer besonderhede.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Quest

In hierdie 7-dag leesplan, gebruik Beth Moore vrae vanuit die Skrif om jou na intimiteit te lei met die Een wat jou die beste ken. Die vraagteken aan die einde van 'n sin is sprekend van nuuskierigheid, belangstelling en...

More

Baie dankie aan Beth Moore en LifeWay Women wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.lifeway.com/thequest

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid