Leesplan inligting

Die SoektogVoorbeeld

The Quest

DAG 1 VAN 7

Ons is op 'n staptog. Verbeel jou dis 'n lang staptog saam met iemand, waar basiese reëls opgestel is vir volle vryheid van spraak, solank niemand vrae vra nie. Praat soveel soos julle wil, maar geen vrae word toegelaat nie. Nie eens 'n gewone "Hoe voel jy?" Of "Is jy honger?" nie. 'n Uitruil van stellings sal vir 'n rukkie goed genoeg wees, maar vroeër of later sal julle nie meer met mekaar praat nie. Julle luister net na mekaar. Dit is nie meer 'n dialoog nie. Dit is net 'n heen-en-weer geslinger van woorde . Na 'n ruk sal selfs die beste luisteraars ophou luister.



Tensy roetine ons aan die slaap gesus het, is dit 'n ontdekkingsreis om met God te wandel. En 'n ontdekkingsreis is nie een as daar nie vrae gevra word nie. Die elemente van 'n tweegesprek is nêrens so fassinerend soos in ons verhouding met God nie. Hy praat nie met ons in 'n harde stemtoon nie en skryf ook nie 'n boodskap in die lug soos ons soms wens Hy sal doen as ons 'n vraag vra nie. Hy het egter al meer vrae in die Bybel geskryf as wat ons in 'n leeftyd kan inneem. 



Ons het vyf Godgeïnspireerde vrae daargestel, wat as ons dit antwoord, die potensiaal het om ons weer op die regte pad te kry indien ons die spoor byster geraak het, in 'n doodloopstraat beland het of net krag en belangstelling verloor het. Begin vandag om hierdie vrae te memoriseer. Jy moet dit selfs in jou slaap kan opsê. God, die Vader, vra die eerste twee en Jesus, die Seun, vra die laaste drie. Sommige is verkort sodat jy dit makliker kan onthou.



"WAAR is jy?" (Genesis 3: 9)



"WIE het dit vir jou gesê?” (Genesis 3:11)



"WAT soek jy?" (Johannes 1:38)



"HOEKOM is jy bang?” (Matteus 8:26)



“HOEVEEL meer nog...?” (Lukas 11:13) *



Alhoewel jy talle ander navrae op jou reis sal teëkom, sal die beantwoording van hierdie vyf, 'n basis skep vanwaar jy kan terugkyk vir nadenke en evaluering.



Die volgende paar dae sal jy baie nadink oor hierdie vrae. Die saak staan so.



Die gevolge van hierdie uitstappie kan net só ver gaan as wat jy bereid is om eerlik te wees. Niks is ontoelaatbaar nie, net oneerlikheid.



Jy sal ten diepste leer om op God te vertrou.



*Party vertalings sluit Lukas 11:13 af met 'n vraagteken, terwyl ander weer 'n uitroepteken gebruik ter beklemtoning.



  


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Quest

In hierdie 7-dag leesplan, gebruik Beth Moore vrae vanuit die Skrif om jou na intimiteit te lei met die Een wat jou die beste ken. Die vraagteken aan die einde van 'n sin is sprekend van nuuskierigheid, belangstelling en...

More

Baie dankie aan Beth Moore en LifeWay Women wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.lifeway.com/thequest

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid