Leesplan inligting

Om Reg Op Te Tree Teenoor AnderVoorbeeld

Getting It Right With Others

DAG 5 VAN 5

Konflik oplossing



Die beste voorbeeld wat ons het van hoe om konflik op te los, is God self. Keer op keer het ons van Hom af weggedraai. Ons het teen Hom gesondig. Ons het dinge gedoen wat ons geweet het nie goed vir ons was nie.



God het dus besluit om 'n bietjie konflik hantering toe te pas — met ons. Hoe het Hy dit gedoen? Nederig en direk. 



God het sy Seun, Jesus, aarde toe gestuur om in 'n nederige, vuil stal gebore te word. Hy het as een van ons gekom — 'n persoon. Hy het soos enige mens gelewe. Anders as ons, het Jesus egter 'n volmaakte, sondelose lewe gelei. Daarna het Hy aan die kruis gesterf om vir ons sonde in die finale oplossing van konflik te betaal. 



Dit was nie nodig dat Hy dit doen nie, maar Hy het gekies om dit te doen. Hy het dít wat ons verdien het op Homself geneem. Hy het gesterf om die konflik te konfronteer en om ons sonde te vergewe, sodat ons by Hom kan wees.



As ons onsself volgelinge van Jesus noem, moet ons sy leiding volg. En dit beteken dat dinge 'n bietjie rof kan raak. Hy vra dat ons konflik tromp-op loop in plaas daarvan om weg te hardloop en dit dadelik, direk en nederig te doen — net soos Hy gemaak het.



Ons moet egter in gedagte hou dat as ons konflik op 'n gesonde manier hanteer, dit nie waarborg dat ons verhoudings herstel sal word nie. Soms gaan mense nie jou verskoning aanvaar nie. Soms sal die konflik nie oornag verdwyn nie. As jy egter leer om konflik op 'n gesonde manier te hanteer, sal dit jou hart genees, al genees dit miskien nie jou verhouding nie. Hoekom? Wanneer ons konflik op die regte manier hanteer, word ons meer soos Jesus. 



Kom ons aanvaar dus konflik. Laat ons soos Jesus wees — nederig en vergewensgesind. Onthou: Hy het ons gered toe ons dit nie verdien het nie. Laat ons dus sulke genade aan ander betoon, selfs al dink ons dat hulle dit nie verdien nie. 



Bid so: Vader, help my om konflik op só 'n manier te hanteer dat dit U verheerlik. Gee my die wysheid om reg op te tree in my verhoudings. Help my om ander te vergewe soos wat U my vergewe het. In die Naam van Jesus. Amen


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Getting It Right With Others

Ons moes almal op een of ander stadium in ons lewens konflik hanteer. Hoekom? Ons is mense, en mense maak foute! Ons hoef egter nie bang te wees vir konflik nie. Trouens, gesonde konflik kan tot gesonder verhoudings lei....

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid