Leesplan inligting

Om Reg Op Te Tree Teenoor AnderVoorbeeld

Getting It Right With Others

DAG 4 VAN 5

Hoe lyk gesonde konflik?



Wanneer twee skynbaar teenoorgestelde woorde saam gebruik word, word dit 'n oksimoron genoem. Soos: "reuse garnale" of "sy is mooi van lelikheid" of "denkbeeldige werklikheid" of selfs "toevallige orde".



Begin jy verstaan?



Met die eerste oogopslag mag gesonde konflik soos 'n oksimoron lyk. As ons egter kyk wat die Bybel sê, is gesonde konflik presies wat God in gedagte het.



In Matteus 18:15 sê Jesus dat as 'n broer of suster teen jou gesondig het, moet jy direk na daardie persoon toe gaan en die fout uitwys — dis net tussen julle twee.



Sjoe! Reg so, Jesus.



Dit is presies die teenoorgestelde van wat ons wil doen as iemand ons te na kom.



Weet jy wat ons wil doen? Ons wil weghardloop of teen die persoon uitvaar. As iemand ons kwaad maak, wil ons een van twee dinge doen: weghardloop en die probleem vermy óf teenoor enige ander mense uitvaar behalwe daardie persoon.


Jesus het 'n ander manier voorgestel — 'n beter manier — wat beteken dat ons die wortel van die probleem aanspreek.



Nou ja, hoe spreek jy konflik aan? Hier is drie maniere:



1.) Gaan dadelik. Efesiërs 4:26 sê dat ons nie die son oor ons woede moet laat ondergaan nie. Hanteer die konflik so gou as moontlik.



2.) Gaan reguit na daardie persoon toe. Wanneer jy en 'n vriend konflik ervaar, kom jy in die versoeking om na almal behalwe jou vriend te gaan! Spreuke 11:13 sê egter dat skinder geheime uitlap en sodoende 'n vertrouensverhouding verbreek. God hou nie daarvan as jy skinder of gerugte versprei nie.



3.) Gaan in nederigheid. Jy mag dalk nie so dink nie, maar jy is dalk nie onskuldig nie. Wees bereid om te erken dat jy verkeerd opgetree het en wees nederig. Nederigheid pas almal baie goed. Spreuke 15:1 (NLV) sê: "’n Vriendelike antwoord kalmeer die gemoedere, ’n dwars antwoord laat woede opspring."



Hoe hanteer ons dan konflik op 'n gesonde manier? Ons gaan na die persoon toe. Ons hanteer die konflik dadelik, direk en nederig. As ons dít doen, eer ons God en begin ons harte genees.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Getting It Right With Others

Ons moes almal op een of ander stadium in ons lewens konflik hanteer. Hoekom? Ons is mense, en mense maak foute! Ons hoef egter nie bang te wees vir konflik nie. Trouens, gesonde konflik kan tot gesonder verhoudings lei....

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid