Leesplan inligting

Om Reg Op Te Tree Teenoor AnderVoorbeeld

Getting It Right With Others

DAG 2 VAN 5

Hoekom is ons bang vir konflik? 



Ons het gister geleer dat konflik onvermydelik is. Hoekom is ons dan so bang daarvoor? Hier is 'n paar redes:



1. Dit laat ons ongemaklik voel. Konflik is nou nie juis pret nie. As ons aanvoel dat iets nie reg is nie, weet ons dat ons iets daaraan moet doen, maar soms probeer ons ons gevoelens wegsteek om konflik te vermy. 



2. Dit laat ons buite beheer voel. Wanneer ons konflik ervaar, voel dit of ons nie meer in beheer van ons lewens is nie. Dit is ook die rede waarom ons verkies om 'n teksboodskap te stuur in plaas daarvan om iemand te bel — ons hou daarvan om in beheer van die gesprek en situasie te wees.  



3. Ons is nie gehoorsaam aan God nie. Soms is ons bang vir konflik omdat ons nie doen wat God wil hê ons moet doen nie. As ons God vertrou, weet ons dat Hy wil hê dat ons verhoudings reg moet verloop. Wanneer ons kies om konflik te vermy en dit toelaat om ons te vergiftig, maak ons verhoudings seer wat God gesond wil sien.  



Noudat ons weet hoekom ons bang is vir konflik, kan ons begin om dit te oorkom. God is groter as ons vrese en vrees kom nie van God af nie. As jy dus bekommerd is oor konflik, bid daaroor. Vra God vir wysheid en die regte woorde om die gebroke verhouding heel te maak. Môre gaan ons uitvind hoe konflik ons verhouding met God kan affekteer. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Getting It Right With Others

Ons moes almal op een of ander stadium in ons lewens konflik hanteer. Hoekom? Ons is mense, en mense maak foute! Ons hoef egter nie bang te wees vir konflik nie. Trouens, gesonde konflik kan tot gesonder verhoudings lei....

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid