Leesplan inligting

Om Reg Op Te Tree Teenoor AnderVoorbeeld

Getting It Right With Others

DAG 3 VAN 5

Hoe affekteer konflik ons verhouding met God?



Wanneer iemand moeilikheid soek met jou beste vriend, is dit moeilik om van daardie persoon te hou, nie waar nie? Dit is hoe God oor ons, sy kinders, voel. Jy kan nie in die regte verhouding met God wees as jy een van sy kinders seermaak nie.



Jou verhoudings met mense en met God is direk verbind. Dit kom daarop neer dat ons eers probleme met ander persone moet oplos voordat ons dinge met God kan regmaak.



In die Ou Testament het die mense met God in kontak gekom deur op die altaar te offer. Mense sou vir dae lank reis om hulle offerande te bring. Teen die tyd dat hulle daar aankom, was hulle waarskynlik uitgeput.



Met daardie konteks in gedagte, sê Jesus in Matteus 5:24 dat, as jy met jou offer na die altaar toe kom, en jy onthou dat iemand iets teen jou het, jy eers daardie verhouding moet gaan regmaak.



Verstaan jy dit? Al was hulle al vir dae lank op reis, moes hulle teruggaan en die konflik met die persoon wat iets teen hulle gehad het, oplos. Hulle reis sou andersins 'n mors van tyd wees.



Dit klink dalk 'n bietjie buitensporig, maar Jesus het nie doekies omgedraai nie. Hy weet iets wat ons dikwels vergeet: Jy kan nie in 'n goeie verhouding met God staan as jou verhoudings met mense nie reg is nie.



Nou weet ons hoe belangrik konflik vir God is. Môre gesels ons oor hoe gesonde konflik lyk wat God eer.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Getting It Right With Others

Ons moes almal op een of ander stadium in ons lewens konflik hanteer. Hoekom? Ons is mense, en mense maak foute! Ons hoef egter nie bang te wees vir konflik nie. Trouens, gesonde konflik kan tot gesonder verhoudings lei....

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid