Leesplan inligting

Ses Dae van die Name van GodVoorbeeld

Six Days Of The Names Of God

DAG 6 VAN 6

DAG 6: EL SIMCHATH GILI – GOD MY GROOTSTE VREUGDE


Dink aan die vreugde wat jy ervaar wanneer jy iets vir die eerste keer bemeester. Miskien het jy 'n vreemde taal goed genoeg geleer om uiteindelik met moedertaalsprekers in 'n ander land te kan kommunikeer. Of jy het kilometer na kilometer ingesit en uiteindelik die eindstreep van 'n marathon oorgesteek. Miskien probeer jy al jare om jou universiteitsgraad te verwerf, en jy stap uiteindelik op daardie verhoog uit om jou graad te ontvang. Jy voel 'n magdom emosies, maar vreugde is altyd op die voorgrond.


Alle goeie dinge kom van God, en Hy verheug Hom in alle goeie dinge. Hy is die enigste en ware bron van vreugde, en wanneer ons ons vertroue in Hom plaas, kan ons vreugde ervaar in al ons omstandighede. Ons kan vreugde hê te midde van stryd, as ons hoop op die Here is.


Die fout wat ons dikwels maak, is om vreugde buite God te soek. Wanneer ons onsself beoordeel volgens iemand anders se opinie van ons, of die salaris wat ons verdien, of ons sosiale posisie, mis ons ware vreugde. Ons mis die vreugde in die reis, die vreugde van ontdekking, die vreugde van 'n hart wat oop is vir God. Ons mis ook die ongelooflike geleentheid om die vreugde van die Here met ander te deel. Wanneer ons egter gevul is met die vreugde wat van God af kom, straal ons liefde en blydskap uit na diegene om ons en ken ons ware vreugde.


As jy hierdie oordenking betekenisvol gevind het wil ons vir jou 'n aflaaibare preek as geskenk aanbied oor die naam "Jehovah Jireh". Vra jou volledige preek deur Tony Evans hier aan


Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Six Days Of The Names Of God

Deur die vele name van God het Hy aspekte van sy karakter en sy natuur aan ons geopenbaar. Behalwe vir Vader, Seun en Heilige Gees, sien ons in die Bybel verder meer as 80 ander name van God. Hier word ses name en hul be...

More

Baie dankie aan The Urban Alternative en Tony Evans wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief https://tonyevans.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid